Landbouweekblad

HAAL ETILEEN UIT VERPAKKING VIR BETER RAKLEWE

-

Tegnologie wat die rypwording­shormoon etileen uit die verpakking van vars produkte kan “verwyder”, kan dien as ’n goeie teenvoeter vir die kort onderbreki­ngs wat soms in die kouekettin­g voorkom en vrugte en groente se rakleeftyd drasties verkort.

“Mense eet ál meer sagte vrugte, maar in ’n onlangse studie het 32% mense gesê hulle eet nie al die bessies wat hulle koop nie. Sowat 94% het gesê die bessies het sleg geraak voor die “beste voor”-datum,” het dr. Chris Bishop, hoof van die ná-oes-eenheid aan die universite­itskollege Writtle in Brittanje, tydens die tweede ná-oes-innovasies­imposium op Stellenbos­ch gesê.

“Ek sê altyd ’n verbruiker eet nie vars produkte terwyl hulle in die supermark is nie, daarom eindig die kouekettin­g nie daar nie.

“Verbruiker­s moet eintlik aangemoedi­g word om geïsoleerd­e inkopiesak­ke te gebruik.”

Bishop het twee bakkies aarbeie saam met 1 kg-sakkies baba-aartappels, appels en wortels by die Britse supermark Tesco gaan koop, dit in sy kattebak gesit en die kort afstand na sy kantoor gery. Hy het temperatuu­r-opskrywers (loggers) in die bakkies aarbeie gesit.

“Die lugtempera­tuur in die bakkies het vinnig van 8 °C tot 20 °C gestyg.

“’n Huishoudel­ike yskas moet meer energie gebruik om die vrugte af te koel. Teen hoër temperatur­e is die vrugte ook meer vatbaar vir siektes.”

Hoewel Britse supermarkt­e deesdae yspakke en geïsoleerd­e sakke beskikbaar stel, sê Bishop ’n ander opsie is om etileen-reinigers, soos It’sFresh!, te gebruik.

Hierdie velletjies verwyder die rypwording­shormoon etileen uit die lug. Sodoende word voortydige aftakeling en vermorsing gekeer. Dit verhoog ook die produkte se natuurlike siekteweer­stand en is heeltemal veilig vir voedsel.

“As jy etileen kan verwyder tydens botritis se ontwikkeli­ngsiklus, vertraag dit die verskyning van botritis,” sê Bishop.

“Ons het 7 500 bakkies aarbeie oor 12 weke getoets en dit maak beslis ’n verskil. Dit vertraag en onderdruk siektes.

“Baie supermarkt­e gebruik dit om aan hul verbruiker­s ’n langer raklewe te gee, maar die verliese is ook nie so groot indien daar klein temperatuu­r-onderbreki­ngs is nie.”

Volgens Bishop kan die etileenrei­nigers ook gebruik word om te keer dat aartappels uitloop.

Dis ook nuttig vir avokado’s, pere en steenvrugt­e in die kleinhande­laarsverpa­kking of vervoerkar­tonne.

“Dit verleng die gehalte, dra by tot produklewe en verminder vermorsing, hoewel dit ekstra koste en arbeid verg.” – LUCILLE BOTHA

 ?? FOTO: WWW.FOODQUALIT­YNEWS.COM ?? Die maatskappy It’s Fresh! se etileen-reinigers kan in kleinhande­laars se verpakking­s of in die kartonne waarin vrugte vervoer word, gebruik word. Deur die lug van etileen te suiwer, word die raklewe verleng en die kans op siektes neem af.
FOTO: WWW.FOODQUALIT­YNEWS.COM Die maatskappy It’s Fresh! se etileen-reinigers kan in kleinhande­laars se verpakking­s of in die kartonne waarin vrugte vervoer word, gebruik word. Deur die lug van etileen te suiwer, word die raklewe verleng en die kans op siektes neem af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa