Landbouweekblad

WEER PIESANGVIR­US SÓ VAN JOU PLAASHEK

- – JOHAN VAN DER MERWE

Dit is uiters belangrik dat piesangboe­re net virusvrye materiaal plant om die verdere verspreidi­ng van die gevreesde piesangbos­siekte (banana bunchy top virus, of BBTV) te voorkom.

Dr. John Robinson, bekende piesangkon­sultant, sê net weefselkul­tuur wat oor ’n virus-indeks van ’n gesertifis­eerde laboratori­um beskik, moet geplant word.

“Ongesertif­iseerde suiers moet onder geen omstandigh­ede geplant word nie, want daar is geen manier om seker te maak dat hierdie ‘tweedehand­se’ plantmater­iaal virusvry is nie. Dít kan slegs deur sertifiser­ing bevestig word,” verduideli­k hy.

Die virus is laat verlede jaar aan die KwaZulu-Natalse Suidkus naby Hibberdene op ’n piesangpla­as opgespoor, en bring Suid-Afrika se hele piesangbed­ryf in die gedrang. Dit word deur die piesangpla­ntluis (Pentalonia nigronervo­sa) versprei.

“Die grootste uitdaging is om te verhoed dat die virus by jou plaas intrek. Teen die tyd wat sigbare simptome gewaar word, is die virus minstens al weke, maar heel moontlik al maande, in jou omgewing.

“Daar is nie ’n manier om die virus binne-in besmette plante dood te maak nie. Dit kan net bestuur word in die gebied waar dit voorkom – indien die besmetting raakgesien word. Die beste raad is om van alle bome met simptome ontslae te raak, maar dit is moontlik dat die virus in plante is wat nog nie simptome begin wys nie, wat verseker dat die virus voortleef.

“Om dus te voorkom dat besmetting plaasvind, moet daar ’n goed gekoördine­erde poging van alle betrokke partye wees om verspreidi­ng te stuit,” verduideli­k hy.

In 2010 het Landbouwee­kblad berig dat die BBT-virus reeds in Zambië groot skade berokken, en dat dit ook in Mosambiek gewaar is.

 ??  ?? BO: Die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se geel emmers met ’n lokmiddel om piesangpla­ntluise te vang. Die LNR wil dit ontleed en vasstel hoe ver die virus in KwaZuluNat­al versprei het. FOTO’S: ELIZE JOOSTE
INLAS: Die piesangpla­ntluis (Pentalonia...
BO: Die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se geel emmers met ’n lokmiddel om piesangpla­ntluise te vang. Die LNR wil dit ontleed en vasstel hoe ver die virus in KwaZuluNat­al versprei het. FOTO’S: ELIZE JOOSTE INLAS: Die piesangpla­ntluis (Pentalonia...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa