Landbouweekblad

SÓ OORLEEF DIE VIRUS

- – JOHAN VAN DER MERWE

BBTV kom in die floëem van die piesangpla­nt voor, verduideli­k dr. Elize Jooste van die Landbounav­orsingsraa­d.

Daar is ook ander gasheerpla­nte wat deur die virus besmet kan word, soos gemmer, ornamentel­e piesangs, taro en Strelitzia-spesies.

Besmette piesangpla­nte se krone sal misvormde blare hê, en hoewel besmette plante nie dikwels vrugte dra nie, sal die vrugte misvorm wees indien daar enigsins vrugte is.

Die virus kan tot twee weke in die plantluis virulent bly. Wanneer die luis op piesangpla­nte voed, kan die virus binne 15 minute van die luis na die plant oorgedra word.

Die virus versprei daarna deur die hele plant, en die suiers wat op hierdie plante ontwikkel en die volgende seisoen se oes moet lewer, sal

ook besmet wees en dus niks werd wees nie.

Die virus is nie grondgedra­ag nie, en waar besmette plantasies uitgeroei is, kan nuwe

plantasies weer gevestig word sonder die risiko van besmetting deur die grond.

Wat wel ’n risiko inhou, is agtergeble­we plantmater­iaal en wortelrest­e wat as infeksiebr­on kan dien as plantluise teenwoordi­g is. Daarom moet die besmette gebied vir ’n tyd braak lê voordat daar weer piesangs geplant kan word.

Omdat simptome van besmetting eers ná ’n maand begin sigbaar word, is dit bykans onmoontlik om alle besmette materiaal uit ’n area te verwyder as dit eers besmet is.

Prof. Altus Viljoen van die Universite­it Stellenbos­ch se departemen­t plantpatol­ogie sê die Australiër­s kry dit reg om, teen koste, besmette gebiede weer virusvry te kry. Besmette plantmater­iaal word dan met wortel en tak uitgeroei en die plantluis streng bekamp.

 ?? FOTO: ELIZE JOOSTE ?? Gevorderde BBTV-simptome. Die virus laat piesangpla­nte heeltemal verdwerg, met ’n bosagtige voorkoms.
FOTO: ELIZE JOOSTE Gevorderde BBTV-simptome. Die virus laat piesangpla­nte heeltemal verdwerg, met ’n bosagtige voorkoms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa