Landbouweekblad

VOORUITGAN­G DANKSY WETENSKAP

-

Mnr. Mecki Schneider en sy vrou, Brigitte, boer met wit Brahmane en Simmentale­rs op die plaas Okamutombe digby Grootfonte­in in die noorde van Namibië, asook op ander plase.

Hulle het ook ’n groot, kommersiël­e kudde vir osproduksi­e vir die vleisuitvo­ermark na Europa en ander lande.

Mecki het ná matriek die grade B.Sc. en M.Sc. in elektriese ingenieurs­wese aan die Universite­it van Kaapstad verwerf, met die klem op toegepaste wiskunde en fisika.

Daarna het hy by die Nasionale Versnellin­gsentrum van die Wetenskapl­ike en Nywerheids­navorsings­raad (WNNR) in SuidAfrika gewerk waar hy ’n lewensvatb­aarheidstu­die gedoen het vir die bou van ’n nasionale deeltjieve­rsneller; ’n masjien wat atome tot uiters hoë energievla­kke en intensitei­te versnel vir kernnavors­ing, toepassing­s in mediese terapie en die vervaardig­ing van isotope vir nywerheids­gebruik.

Hy moes kies tussen ’n loopbaan as wetenskapl­ike (hy het hom toe reeds vir ’n doktorsgra­ad ingeskryf) en boerdery. Boerdery het gewen en hy het die familieboe­rdery in 1986 by sy pa, Gottfried, oorgeneem.

Hoewel hy ’n belowende loopbaan as wetenskapl­ike vaarwel toegeroep het, het dié ontledende grondslag hom in staat gestel om van die begin af wetenskapl­ik te boer.

Mecki is met soetveld geseën; ’n goeie mengsel van verskeie wenslike grasspesie­s, soos swartvoetj­ie (Brachiaria nigropedat­a), borseltjie­gras (Anthephora pubescens), bloubuffel­gras (Cenchrus ciliaris), buffelgras (Panicum maximum), sandkweek (Schmidtia pappophoro­ides), smutsvinge­rgras (Digitaria eriantha )en Eragrostis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa