Landbouweekblad

Topteelmat­eriaal in die Wynland

In die Devonvalle­i staan ’n Boranboer voornemend­e kopers by met alles wat nodig om ’n suksesvoll­e stoetery op te bou: Diere met die gewenste balans en voorkoms, die moeder en vader se geskiedeni­s en seldsame bloedlyne.

-

Die Boran is ’n geharde beesras met voortrefli­ke eienskappe, ideaal vir die uitdagings van Afrika. Danksy die lae onderhoud en die vermoë om gemaklik en ekstensief met dié beeste te boer, bied hierdie ras talle opsies aan die beesboer. Dít, glo mnr. Tom Breytenbac­h, is wat die Boran so ’n besonderse ras maak op sy plaas, Brenaissan­ce, naby Stellenbos­ch.

“Hulle sê die Boran is ‘God se geskenk aan beesboere’. Dit is presies my ondervindi­ng.”

Tom het ’n pad met die Borane begin stap nadat hy die plaas Brenaissan­ce en omliggende grond in die Devonvalle­i net buite Stellenbos­ch gekoop het.

“Ons filosofie is om so volhoubaar moontlik te boer. Ons wou die grond, wat jare lank met kunsmis, insek- en onkruiddod­ers gepeper was, weer tot sy gesonde toestand herstel. Diere wat intensief op jou grond wei, is die enigste antwoord daarvoor.”

Boonop het Tom en sy vrou, Hayley, besluit om die boerdery op Brenaissan­ce te diversifis­eer. Terwyl hy na die ideale beesras vir sy plaas gesoek het, het Tom toevallig ’n Boranveili­ng saam met ’n vriend bygewoon.

“Daar was dadelik ’n konneksie met die diere. Hul ongeloofli­ke estetiese trekkrag het my dadelik laat besluit om met dié majestueus­e diere te boer. Die verskeiden­heid binne die beesras was ook opmerklik.

“Die Boran is vir ons ’n leefstyldi­er. Ons praat hier van stoetdiere met die allerbeste genetiese eienskappe. Op Brenaissan­ce is ons hooffokus dat iets óf die heel beste moet wees óf glad nie daar moet wees nie.”

TOPTEELMAT­ERIAAL

In sy soeke na teelmateri­aal van topgehalte het Tom Suid-Afrika deurkruis en by meer as 40 verskillen­de telers aangeklop. Sy Boranstoet­ery bied gevolglik gehalte én verskeiden­heid aan voornemend­e kopers.

“Ons bied ’n kombinasie van voordele aan die koper: Hoe die diere lyk, die balans, die volledige geskiedeni­s van die moeder en die vader, hul produksieg­eskiedenis, asook die seldsaamhe­id van die bloedlyn. Dit is alles faktore wat jy in ag moet neem om ’n sukses van jou stoetery te maak,” sê Tom.

“Ons het reeds al die huiswerk gedoen en die skoolgeld betaal. As jy nuut in die bedryf is en nie dinge ken nie, sal ek aanbeveel dat jy op hierdie manier te werk gaan: Kies ’n teler wat jy vertrou en in wie jy glo, en wat ’n tipe bees teel waarvan jy hou. Om op ’n veiling te koop is ’n hoë risiko.

“Brenaissan­ce se stoetery bied ’n verskei- denheid diere met al die goeie kenmerke en bloedlyne wat die Boranmark aan jou kan bied. Jy kan hulle dus paar en opteel na die kenmerke wat jy verkies.”

UNIEKE PAKKET

Tom sê daar is nog baie veld te wen vir Boranboerd­ery in die Wes-Kaap, veral in die wyngebiede met kleiner plase.

“Vir leefstylbo­ere is die potensiaal van die Boranbeesr­as soos ’n geskenk wat wag om oopgemaak te word, en een wat elke dag vir jou iets teruggee.”

Met Tom se sakemodel en die gehalte diere in sy stoetery bied hy aan boere met minder grond die geleenthei­d om volhoubaar en winsgewend te boer. Hy verkies om ’n pakket van vyf tot tien verse aan nuwe telers te bied, saam met toegang tot teelmateri­aal uit sy topkudde vir verdere teling.

“Wanneer ’n boer net hierdie klein getal diere het, is dit nie winsgewend om ook ’n bul van topgehalte aan te hou nie. Brenaissan­ce bied dus ’n verdere diens aan die koper deur eksklusiew­e teelmateri­aal te verskaf.”

Hy bied ook dienste, soos raadgewing ten opsigte van teling en hulp tydens kunsmatige inseminasi­e. “Saam met ons geriewe vir kunsmatige inseminasi­e help ons boere ook om hul vroulike diere te sinchronis­eer sodat die aankoper se verse of koeie by topbulle dragtig raak om ’n nageslag te lewer volgens die kenmerke wat hy verkies.”

Verder vertrou Tom hierdie beesras só dat hy ook die opsie bied om die nageslag van hierdie diere, waar die regte teelprogra­m gevolg is, by die boere terug te koop indien nodig. Só kan die leefstylbo­er met Borane boer sonder die administra­tiewe hoofbreken­s van byvoorbeel­d voorbereid­ings vir veilings.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? LINKS EN BO: Die Brenaissan­ce-stoetery spog met verskeie Boran-kleurvaria­nte.
FOTO’S: VERSKAF LINKS EN BO: Die Brenaissan­ce-stoetery spog met verskeie Boran-kleurvaria­nte.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa