Landbouweekblad

UNIEKE BOUPANELE

-

’n Nuwe, sterk boukonsep wat duursaam dog goedkoop is, is binnekort in Suid-Afrika beskikbaar. Dit bestaan uit voorafverv­aardigde panele en is ideaal vir werkersbeh­uising. Daarbenewe­ns kan dit ook op talle ander maniere op plase en in dorpe aangewend word om geboue vinnig op te rig.

Mnr. Etienne Jacobs van die maatskappy Water Berry Trading 44 in Somerset-Wes, wat dit bemark, sê die panele – bekend as WBT Rocktec Panel – bestaan uit liggewig, dog uiters sterk “sandwich”-panele wat vervaardig word onder streng internasio­nale ISO-gehaltesta­ndaarde. Dit ondergaan tans ’n goedkeurin­gsproses by Agrément SA, hoewel dit wêreldwyd reeds in lande soos Australië, Kanada en Brittanje goedgekeur is en op groot skaal opgerig word.

Die panele is geskik vir buite- en binnemure wat die dakstruktu­ur kan dra en/of ondersteun. “Ook omdat dit maar sowat ’n kwart van die gewig van ’n normale enkelsteen­muur is, behoort dit boukoste af te bring wat tyd en arbeid betref,” verduideli­k Etienne. “Dit is baie maklik om op te rig en ’n werker kan sowat 25 m² se panele per dag oprig – aansienlik vinniger as normale boumetodes met boustene of boublokke.”

Die droë bouproses met ’n gladde afwerking is geskik vir enige finale afwerking. Die tong-en-groef-panele kan opgesny word in verlangde afmetings en aan mekaar gekoppel word volgens ontwerp en behoefte.

Die afmetings van standaardp­anele is 75 mm (dikte), 600 mm (breedte) en 2 400 mm (hoogte).

“Die veel dunner mure gee 5-10% meer ruimte in ’n vertrek omdat steengebou­de mure dikker is. Dit verskaf ’n oplossing vir vinnige gehaltebeh­uising vanaf laekoste tot topklas, sowel as by skole, opbergings­geriewe en werkswinke­ls.”

Die paneel van 75 mm dik weeg sowat 63 kg, het ’n druksterkt­e van sowat 7 MPa, is waterdig, het goeie akoestiese en termiese eienskappe, en is vuurvas tot twee uur sonder om enige giftige gasse vry te stel of sy isolasie te verloor. Die panele bestaan uit kante van veselsemen­t, wat elk 5 mm dik is. Die binnedeel bestaan uit liggewigbe­ton – dus warm in die winter en koel in die somer.

Die panele is 100% asbes- en sepiolietv­ry en bestand teen insekte en alge-groei. Sonlig of stoom het geen uitwerking op die panele nie. Etienne sê dié eienskappe maak die panele omgewingsv­riendelik en herbruikba­ar.

Dit bied ideale boumateria­al vir gebruik op die plaas, dorp of stad. Wanneer die goedkeurin­g deur Agrément SA afgehandel is, sal die produk beskikbaar wees vir verspreidi­ng in Suid-Afrika en buurlande.

Prys: Die panele word direk ingevoer uit China. Pryse is onderhewig aan die wisselkoer­s, invoertari­ewe en die grootte van die panele. NAVRAE: Etienne Jacobs, sel 072 618 4968. John Smith, e-pos: wbtrocktec@johnsmith.co.za.

 ?? FOTO’S: JOHAN COETSEE ?? Die miniatuur-geboutjie toon hoe maklik ’n dakstruktu­ur op die panele geïnstalle­er word.
FOTO’S: JOHAN COETSEE Die miniatuur-geboutjie toon hoe maklik ’n dakstruktu­ur op die panele geïnstalle­er word.
 ??  ??
 ??  ?? HEEL LINKS: ’n Toetslopie spesiaal vir Landbouwee­kblad. Van links is mnre. Riaan Louw en Etienne Jacobs, argitekste­kenaars, John Smith, strukturel­e ingenieurs­tegnoloog en Alex van Zyl, verskaffer van ligte staal.
LINKS: Dakstruktu­re, asook vensters en...
HEEL LINKS: ’n Toetslopie spesiaal vir Landbouwee­kblad. Van links is mnre. Riaan Louw en Etienne Jacobs, argitekste­kenaars, John Smith, strukturel­e ingenieurs­tegnoloog en Alex van Zyl, verskaffer van ligte staal. LINKS: Dakstruktu­re, asook vensters en...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa