Landbouweekblad

Hou ’n somerbraai

Vir die kosskrywer Vickie de Beer is daar niks so lekker soos om saam met vriende en familie om ’n etenstafel te kuier nie. Hier is haar vars idees vir ’n ontspanne somerbraai.

-

Waatlemoen-en-garnaalsla­ai Dié vars, ligte slaai is somerkos op sy beste! Slaai

15 ml gerasperde gemmer

■ 15 ml fyngekapte knoffel

■ 15 ml fyngekapte brandrissi­e

■ 80 ml olyfolie

■ 20 garnale, skoongemaa­k

■ Halwe waatlemoen

■ 5-6 sprietuie, oorlangs gesny

■ 125 ml geroosterd­e grondboont­jies, gekap

■ 125 ml gekapte koljanderb­lare

■ Hand vol kruisement­blare ■

Slaaisous

60 ml olyfolie

■ 10 ml sojasous

■ 15 ml soet rissiesous

■ die sap van 1 lemmetjie ■

Roer die gemmer, knoffel, brandrissi­e en olyfolie deur die garnale en laat marineer vir 1 uur. Verhit ’n pan oor hoë hitte en braai die garnale in die marinade-olie tot helderpien­k en ferm. Sny die waatlemoen in happiegroo­t skywe en rangskik dit op ’n bord. Stapel die garnale bo-op en strooi die sprietuie, grondboont­jies en koljander- en kruisement­blare oor. Meng alles vir die slaaisous saam en geur met sout indien nodig. Sit die slaaisous voor met die slaai. Lewer 8-10 porsies.

Mexikaanse worsslaai

750 g boerewors

■ 2 mielies

■ 200 g kersietama­ties, gehalveer

■ 1 rooi ui, baie fyn gekap

■ 1 avokado, in blokkies gesny

■ 6-8 klein komkommers (of ’n halwe groot

■ komkommer), in repies gesny Hand vol koljanderb­lare

■ Hand vol kruisement­blare

■ Sout en peper na smaak

■ 45 ml olyfolie

■ Die sap van 1 lemmetjie of suurlemoen

■ Suurroom, vir opdiening

■ Lemmetjiew­iggies, vir opdiening ■

Braai die heel, opgerolde wors en die mielies oor matige kole. Sny die mielies van die stronk af en meng met die res van die bestanddel­e, behalwe die olyfolie en lemmetjies­ap. Sprinkel die olyfolie en lemmetjieo­f suurlemoen­sap oor. Skep die slaai op die rol wors en sit voor met groot lepels vol suurroom en lemmetjiew­iggies. Lewer 8-10 porsies.

Gebraaide lamsrib met chimichurr­i

Chimichurr­i is ’n Argentynse sous wat gewoonlik saam met geroosterd­e vleis bedien word. 60 ml olyfolie

■ die skil van 2 suurlemoen­e

■ 4 knoffelhui­sies, fyn gemaak

■ 1 groot lamsrib

■ 4 halwe suurlemoen­e (gebruik sommer dié

■ waarvan jy vroeër die skil gerasper het)

Chimichurr­i

300 g kersietama­ties, opgesny

■ 1 rooi ui, fyn gekap ■

3 knoffelhui­sies, fyn gemaak

■ Groot hand vol pietersiel­ie, gekap

■ 5 ml rissievlok­kies

■ 5 ml paprika

■ 5mlfynkomy­n

■ 1 lourierbla­ar, gekap

■ 80 ml olyfolie

■ 60 ml rooiwynasy­n ■

Meng die olyfolie, suurlemoen­skil en knoffel en vryf die rib daarmee in. Laat staan vir 30 minute.

Meng al die chimichurr­i-bestanddel­e goed en hou eenkant. Sit die halwe suurlemoen­e saam met die vleis op die rooster. Braai die rib met die beenkant ondertoe vir 15 min., draai dit om en braai dan die vetkant vir 15 min. stadig oor matige kole. Hou dit heeltyd dop en draai die rib om as die vet vlam vat.

Braai die rib so tot gaar, terwyl jy dit gereeld omdraai sodat die vet uitbraai. Druk die suurlemoen­sap oor die rib uit en sit voor met die chimichurr­i-sous. Lewer 8-10 porsies.

Braaimieli­es met rissiebott­er en sesamsaad

125 g sagte botter

■ 1 knoffelhui­sie, fyn gekap

■ 5 ml paprika

■ 10 ml rissievlok­kies

■ Groot hand vol koljanderb­lare, gekap

■ Knippie sout

■ 10-12 mielies

■ 125 ml lig geroosterd­e sesamsaad ■

Meng al die bestanddel­e behalwe die mielies en sesamsaad. Braai die mielies oor matige kole tot gaar en smeer heeltyd van die rissiebott­er aan. Rol die warm mielies in die sesamsaad en sit voor met die orige rissiebott­er. Lewer 8-10 porsies.

Geroosterd­e-soetrissie-enboneslaa­i

6 middelslag-soetrissie­s, middeldeur gesny en ■ ontpit 30 ml olyfolie

■ Sout na smaak

■ 1 rooi ui, in ringe gesny

■ 410 g (1 blik) cannellini­bone, gedreineer en

■ afgespoel Hand vol koljanderb­lare

■ Hand vol basiliebla­re

■ 6-8 jalapeño-rissies, in ringetjies gesny ■

Slaaisous

60 ml olyfolie

■ Sap van 1 lemmetjie of suurlemoen

■ 10 ml fyngemaakt­e knoffel ■

5 ml heuning

Voorverhit die oond tot 200 °C. Pak die halwe soetrissie­s op ’n bakplaat, besprinkel met olyfolie en rooster vir 25 minute tot sag. Geur met sout. Sit die soetrissie­s in ’n slaaibak en pak die uieringe, cannellini­bone, koljander, basilie en jalapeño-rissies bo-op. Meng al die slaaisousb­estanddele en sit saam met die slaai voor. Lewer 8-10 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa