Landbouweekblad

Doen dankie

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

Die beste manier om dankie te sê, is om dankie te doen. Toe iemand gevra is hoe dit gaan ná ’n lang en ernstige siektebed, het hy openhartig geantwoord: “Uitstekend, dankie. Ek kan nie onthou wanneer ek laas so goed gevoel het nie. Vanoggend nog, nadat ek wakker geword het, het ek eers op my knieë gegaan en vir die Here gesê: Goeiemôre, Here, en wat kan ek vandag vir U doen?”

As só ’n gebed in opregtheid gebid word, is dit ’n getuienis dat iets groots in jou lewe verander het. Die ék en mý behoeftes het plek gemaak vir Ú Here en Ú saak.

Kom ons wees eerlik en erken dat die meeste gebede ’n soort inkopielys bevat van wat die Here asseblief vir óns moet doen. Met ’n dagtaak wat wag en dikwels ook spanning meebring, is dit maklik om te verstaan waarom die meeste mense eerste aan hul eie behoeftes en belange dink.

Natuurlik is dit ’n onbeskryfl­ike voorreg om jou behoeftes só voor Hom te bring. Die apostel Paulus skryf aan die Filippense: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met dankseggin­g bekend aan God” (Fil. 4:6).

Nee, dit is nie verkeerd om so met jou eie sake voor God te verskyn nie, maar dis darem ook nie waar dit moet eindig nie. As behoefte en dankbaarhe­id twee belangrike elemente van gebed is, dan is dienswilli­gheid nie minder belangrik nie. Dankbaarhe­id het ’n tweelingsu­ster, wie se naam Diensbaarh­eid is. Dit is opvallend hoe dikwels die woord ‘doen’ in die Woord van God voorkom. Die apostel Jakobus sê in sy brief aan die Kerk: “Julle moet doen wat die Woord sê en dit nie net aanhoor nie” (Jak. 1: 22-25).

Telkens wanneer iemand tot bekering gekom het, was die eerste vraag gewoonlik iets soos: “En wat kan ek nou vir die saak van die Here doen?” (dink maar aan die apostel Paulus in Handelinge 9, asook die tronkbewaa­rder van Filippi in Handelinge 16). Dankbaarhe­id en diensbaarh­eid moet ’n leefstyl word. Dit is wat die Here van Sy kinders verlang.

Dankbaarhe­id het ’n tweelingsu­ster, wie se naam Diensbaarh­eid is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa