Wat T4A vir boere kan beteken
Wat as ’n speletjie vir geesdriftiges begin het, het uiteindelik Afrika se beste G PS-kaarte geword –’ nG PS sagteware program waarsonder geen Afrika-reisiger wat van die gebaande weë afwyk, die langpad mag aandurf nie. ALI VAN WYK reken dit kan ook groot
Die GPS-kaarte van die maatskappy Tracks4Africa (T4A) op Stellenbosch is ’n produk waarop Suid-Afrikaners met reg trots kan wees, maar waarvan min mense weet. Die rede is dat dit gespesialiseerd is en ’n mens dit eers werklik diep in die boendoes nodig het waar Garmin se kaarte of Google Maps nie veel gaan help nie.
Min of meer in 1999 het GPS-toestelle so kleine n gebruik s vriendelik geraak dat gewone reisigers dit kon koop en inhul motors gebruik. Dit was voorheen beperk tot militêre of seevaart navigasie. Daar was egter geen GPS-kaart van Suid-Afrika beskikbaar vir Suider-Afrika nie. Jy kon basies net daarmee vasstel waar jy was – met koördinate – en ’n sogenoemde broodkrummel roete opneem terwyl jy ry, met roetepunte (waypoints).
Jy kon hierdie roetes op ’n rekenaar aflaai en per e-pos aanstuur aan enigiemand anders met ’n GPS-toestelletjie (destyds byna almal Garmins), wat dit op sy beurt op die toestel kon laai en op dieselfde roete gaan ry.
Die GPS-gemeenskap was meestel ingenieurs of rekenaarboffins wat daarvan gehou het om vir ontspanning in Afrika rond te ry. In 2001 het hulle ’n webwerf op die been gebring waar hulle hul roetes kon oplaai en ander lede se roetes kon aflaai, met ’n geselsforum daaraan gekoppel.
ROETES WORD ’N KAART
Van 2001 tot 2003 het veral twee lede van dié gemeenskap – Wouter Brand en Johann Groenewald – sagteware gekry waarmee ’n volledige kaart vir ’n Garmin-GPS-toestel gebou kon word.
Hulle het al die betroubare data van die GPS-gemeenskap gebruik om die eerste Tracks4Africa-kaart te bou. Dit was steeds nie ’n kaart wat vir jou draai vir draai aanwysings kon gee nie, maar dit het roetes gebied wat ’n mens kon volg. Wat afgeleë plekke betref, was dit die akkuraatste roetes wat jy op ’n GPS kon kry.
Die rede daarvoor is omdat T4A streng en spesifieke riglyne het vir die opneem van die roetes en roetepunte. Slegs as al die riglyne gevolg word, word die data gebruik, en slegs as ’n roete drie keer deur verskillende lede van die gemeenskap opgeneem en voorgelê is, word dit op die kaart gepubliseer.
Dit was waarskynlik die wêreld se grootste kaartprojek met inhoud wat deur gebruikers geskep is.
T4A WORD ’N WINKEL
In 2005 het T4A ’n kommersiële onderneming geword, grootliks omdat soveel lede hul kosbare vrye tyd aan die projek bestee het. Die kaart is aanvanklik op ’n CD verkoop, maar later ook op ’n datakaart, of dit kon van die internet afgelaai word.
Teen 2008, lank voor enige ander groot kommersiële GPS-maatskappy, het T4A ’n GPS-kaart gepubliseer wat jy in Kaapstad op jou toestel kon laai, en wat dan vir jou draai vir draai tot in Kaïro sou beduie – ’n sogenoemde routable map. Johan Badenhorst, van Voetspore-faam, vertel hoe hy in Addis Abeba op die produksiespan van die BBC-reeks The Long Way Down met Charley Boorman en Ewan McGregor op hul motorfietse afgekom het.
Hy sê op die motorfiets van die kameraman wat vir die navigasie verantwoordelik was, was die naam van ’n bekende vervaardiger van GPS’e as borg van die GPS-kaarte. Hy het toe die Engelse kameraman geamuseerd gevra van hoeveel nut dié kaart in Afrika was, waarop die man geantwoord het: “No, look, we actually use these Tracks4Africa-maps!”
Die impak van T4A op reis in Afrika is moeilik om te skat. Dit het Afrika letterlik vir gewone mense oopgemaak. Veel meer mense bereik afgeleë dorpe en bewarings- gebiede, en bestee hul geld daar. Op enige plek in Afrika suid van die ewenaar kan jy nou maklik vasstel waar die naaste polisiekantoor, hospitaal, brandstof, vulstasie en kampeerplek is.
Dit het ook gehelp om ’n meer etiese benadering tot veldry aan te wakker wat die groot “spoorbesoedeling” van 4x4-bestuurders bekamp wat die veld beskadig as hulle van die paadjies af ry.
Intussen is sagteware vir Apple- en Android-toestelle geskep, papierkaarte het bygekom, gidsboeke is gepubliseer en ’n webwerf met die naam “Padkos” is tot stand gebring, waar daar ’n lys van al T4A se Punte van Belang (soos kampeerplekke, piekniekplekke, polisiekantore of supermarkte) is en waar die gemeenskap foto’s, beskrywings en wenke vir ander reisigers oplaai.
WAT BETEKEN DIT VIR BOERE?
’n Groot persentasie van die soort Suid-Afrikaners wat daarvan hou om grondpaaie in landbougebiede te ry, gebruik T4A se kaarte. Hoe meer plaaslike mense dus bydra tot T4A, hoe vollediger sal alle Punte van Belang in jou streek op die kaarte beskryf word. Dit sluit verblyf op plase, dinge om te sien, soos Boesmantekeninge, swemplekke, staproetes en 4x4-roetes in.
Dit dui ook duidelik aan watter paaie privaat is, wat onbedoelde betreding kan help hokslaan. Daar is nie ’n nasionale register wat aandui watter paaie wettig toegemaak is nie, en stadsjapies ry soms nog onwettig oor plase waar paaie op T4A aangedui is as oop. As boere by die T4A-gemeenskap aansluit, kan dit verhoed word. Namate boere in die toekoms saamwerk om bewareas te stig, kan dit ook help om toerismeroetes in dié gebiede te bemark.
NAVRAE: www.tracks4africa.co.za; sales@ tracks4africa.co.za; tel. 021 880 8860.