Landbouweekblad

TALLE VEE VREK VAN WURMS

-

GROOT getalle beeste en kleinvee is reeds hierdie somer met erge inwendige parasiete gediagnose­er en vrektes het voorgekom. Sedert wydverspre­ide reën in groot dele van Suider-Afrika begin val het, word sulke gevalle toenemend by veeartse aangemeld.

Veral haarwurms neem toe by vee en verg boere se nougesette aandag om verdere vrektes te voorkom, volgens die Oktober-verslag van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa).

Dr. Faffa Malan, bestuurder van RuVasa, het in dié maand 123 verslae van veeartse ontvang oor veesiektes en parasiete wat voorgekom het.

Malan sê kliniese tekens van erge wurmbesmet­ting is bloedarmoe­de (uitgeken aan bleek slymvliese), kwakkeel, gewigsverl­ies en maagwerkin­g.

’n Veearts kan help om die omvang van besmetting deur middel van ’n miseiertel­ling te bepaal en aan te beveel watter middels die beste vir ontwurming in die betrokke omgewing is.

BAKTERIESE SIEKTES

Verskeie bakteriese siektes is aangemeld. Veral brucellose verg veeboere se volle aandag. Raadpleeg ’n veearts oor ’n omvattende inentingsp­rogram.

UITWENDIGE PARASIETE

Alle bosluise neem nou toe, met veral blouboslui­se wat hoogty vier en in ál nege provinsies aangemeld is. Bosluise dra siektes, soos Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater, galsiekte en knopvelsie­kte, oor. Inenting sal baie daartoe bydra om dié siektes te bestry.

INSEKOORDR­AAGBARE SIEKTES

Sekere siektes word deur insek- te oorgedra, soos knopvelsie­kte wat in Mpumalanga, Noordwes, die Vrystaat en KwaZulu-Natal aangemeld is. Dié siektes kan met inentings grootliks in toom gehou word.

GESLAGSIEK­TES

Nuwe gevalle van trigomonos­e word elke maand aangemeld en die siekte woed steeds buite beheer voort. Boere moet seker maak hulle koop bulle slegs by boere wat behoorlike bioseker- heid toepas en elke jaar hul bulle vir geslagsiek­tes laat toets. Dié maatreëls sluit sterk, heel lyndra- de en hekke in sodat besmette bulle nie kan draadsprin­g nie. Dit is raadsaam dat groepe boere, soos studiegroe­pe, saam die nodige voorkomend­e en bekam- pingsmaatr­eëls toepas.

VIRUSSIEKT­ES

Daar is nie behandelin­g teen virussiekt­es nie, maar diere behoort voorkomend ingeënt te word teen virussiekt­es wat moontlik kan voorkom.

Daar is egter nie tans ’n entstof teen die gevaarlike siekte snot- siekte nie. Gesels met ’n veearts vir die beste raad.

Boere moet seker maak hulle koop bulle slegs by boere wat behoorlike biosekerhe­id toepas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa