Landbouweekblad

Hael slaan groente aan flarde

- JOHAN VAN DER MERWE

’N ENKELE haelstorm het groenteboe­re tussen Brits in Noordwes en Tarlton in Gauteng einde November ’n aaklige begin tot hul somer besorg en binne minute miljoene rande se skade aangerig.

Volgens mnr. Peet Janse van Rensburg, groenteboe­r van die Langplaas-boerdery by Brits, is minstens 45 hektaar beet, skorsies en botterskor­sies op hul plaas totaal verwoes. ’n Verdere 22 hektaar jong beet het erge skade gely. “Hier is minstens R3 miljoen skade op ons plaas, maar ons is nie die ergste getref nie. Een van die boere hier naby het meer as 100 hektaar wortels verloor,” sê hy.

Teen ’n gemiddelde opbrengs van 60 ton wortels per hektaar en ’n inkomste van R2,50 per kilogram, is dit skade van nagenoeg

R15 miljoen.

“Ons is nog in ’n gelukkige posisie, want ons het baie ander produkte op ander dele van die plaas oor. Ons sal dus hierdie terugslag oorleef. Hael is ’n risiko vir ons in die somer. Daarom was die 10 hektaar botterskor­sies wat in die storm vernietig is, verseker, maar 25 hektaar beet en 10 hektaar skorsies wat vernietig is, was nie verseker nie. Daar is ook ’n jong land beet van 22 hektaar wat nog ’n kans het om in ’n mate te herstel, maar daar sal seker minstens 30% skade wees,” sê Janse van Rensburg.

Volgens mnr. Rudi Engelke, groenteboe­r van die Kaapse Vlakte, gaan dit tans glad nie goed met groenteboe­re nie. “Die volumes kool, wortels en beet op die markte is tans baie hoog. Ons is gelukkig as ons R3/kg vir beet kry, R2,50/kg vir wortels en R2/kg vir kool. Die droogte het ’n groot rol in die oorproduks­ie gespeel, want almal wat in die afgelope paar maande reën gekry het, het kontantgew­asse geplant,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa