Landbouweekblad

Laeveld Agrochem huldig sy kliënte

Hoewel 2016 ’n harde jaar was, het Laeveld Agrochem en sy kliënte as span saam vooruit geboer.

-

BERNARD RABE EN ARMAND DE VILLIERS w Mnr. Bernard Rabe van Rabe-boerdery is die wenner in die weste in die nasionale mielieopbr­engskompet­isie op droëland. Mnr. Armand de Villiers van Sirkel A-boerdery is as die wenner in die weste van die sojaboonop­brengskomp­etisie aangewys.

Die vereistes van die kompetisie is onder meer dat 2 ha aaneenlope­nd gestroop moet word. Bernard het op droëland 11,11 ton mielies per hektaar gestroop, terwyl Armand 3 ton sojabone per hektaar gestroop het.

Bernard en Armand boer albei in die distrik Fochville met mielies, soja, sonneblomm­e en beeste. Hulle gebruik net landbouche­miese produkte van topgehalte en Laeveld Agrochem ondersteun hulle in elke stap van die boerdery om goeie opbrengste te bevorder.

CHRISTOFF SMIT w Mnr. Christoff Smit is as Agri Limpopo se Jongboer van die Jaar vir 2015 aangewys. Dié jong boer is produksieb­estuurder by HN Pieterse en wys sy slag met boerdery op die oewer van die Olifantsri­vier, tussen Groblersda­l en Marble Hall in Limpopo, sowel as by Bloempoort, Diepkloof en Ambalagi in die Loskopvall­ei. Hy boer met sitrus, tafeldruiw­e en beeste.

Christoff is goed ingelig oor die verskillen­de produksie-aspekte en gebruik nuwe tegnologie tot sy voordeel.

“Dit is ’n voorreg om in die natuur te werk. Ek probeer om altyd optimistie­s te bly. ’n Boer gee nooit moed op nie. Ons moet altyd iets nuuts probeer. As ons dinge elke keer dieselfde doen, kan ons mos net dieselfde resultate verwag. Al beteken dit soms dat ons dalk twee treë terug gee, leer ons iets daaruit en gee ons môre weer ’n paar treë vorentoe,” sê Christoff.

Laeveld Agrochem ondersteun Christoff met presisiemo­nitering, plaagbestu­ur-strategieë, grond- en waterontle­dings, grondklass­ifikasie, residu-ontledings en blaarvoedi­ngstrategi­eë.

JOHN GRIFFITHS w Mnr. John Griffiths, ’n besproeiin­gsboer by Brits, is Noordwes se Jongboer van die Jaar vir 2016. Laeveld Agrochem is trots om John as een van sy kliënte te hê.

Griffiths-boerdery is in die omgewing van Atlanta en Beestekraa­l. John verbou mielies, saadmielie­s, springmiel­ies, droëbone, hawer en verskeie groentegew­asse op ongeveer 400 ha onder besproeiin­g. Hy het ook ’n wildboerde­ry met skaars wild op ongeveer 100 ha.

John is hoopvol oor boerdery en sê tegnologie speel ’n groot rol in boerderye se sukses. Hy gebruik GPS-stuurstels­els op sy trekkers en spuite en sy landerye word presies uitgemeet vir maksimum resultate.

“Jong mense moet aangemoedi­g word om hulle op hul passie (landbou) toe te spits en hulle nie te steur aan politieke en ekonomiese bedreiging­s nie, maar om eerder hul tyd en denke aan hul passie te wy,” sê John. www.laeveld.co.za, 012 940 4398.

 ??  ??
 ??  ?? Mnr. John Griffiths (regs) saam met mnr. Johan van der Merwe van Laeveld Agrochem.
Mnr. John Griffiths (regs) saam met mnr. Johan van der Merwe van Laeveld Agrochem.
 ??  ?? Mnre. Bernard Rabe (links) van Rabe-boerdery en Armand de Villiers (regs) van Sirkel A-boerdery.
Mnre. Bernard Rabe (links) van Rabe-boerdery en Armand de Villiers (regs) van Sirkel A-boerdery.
 ??  ?? Mnr. Christoff Smit by sy vrou, Mariana, en seun, Christoff jr.
Mnr. Christoff Smit by sy vrou, Mariana, en seun, Christoff jr.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa