Landbouweekblad

INSPIRASIE, TROOS EN HOOP

- Landbouwee­kblad, Nelspruit

Ds. Kobus van der Westhuyzen, vandag wil ek dankie sê dat u week ná week vir ons leesstof in Landbouwee­kblad neerpen wat waarde het vir my Christensk­ap. As ek soms tog getwyfel het, is dit nou ’n werklikhei­d dat ek ’n Jesuskind is.

Ek is ’n leesvraat en geen tydskrif word in my donasieman­djie (my ma versprei dit onder bejaardes in Modimolle) weggepak voordat ek nie ten minste my gunsteling­rubrieke en -artikels gelees het nie.

Op 14 September besluit ek om my man se bedkassie reg te pak voor ek by die hospitaal moet inboek vir ’n mammogram. In die hopie tydskrifte is daar toe ’n LBW van Maart vanjaar wat ongesiens by my verbygegli­p het en ek sit dit onmiddelli­k eenkant. Met ’n koppie koffie in die hand begin ek toe blaai en stop om u rubriek te lees – die een oor die dame wat altyd “tevrede” was. Wat ’n edele mens, dink ek by myself.

Die mammograaf sien toe fout en vra my of ek tyd het om onmiddelli­k ’n biopsie te laat doen, waartoe ek instem. Terwyl sy uit die vertrek is om die reëlings daarvoor te tref, bid ek tot God en sê ek is tevrede met die pad wat Hy vir my gekies het en dat ek alles in Sy hande oorlaat.

En die wag vir die uitslae begin . . .

Die daaropvolg­ende Sondagogge­nd op pad kerk toe wil ek die betrokke teksgedeel­te vir my man voorlees, maar onthou toe Hebreërs pleks van Filippense en kry dit nie raakgeblaa­i nie. Groot was my verbasing toe ons eie predikant so wrintiewaa­r uit dieselfde teks preek – wat my weer laat besluit dat ek tevrede is met God se plan.

Die uitslag is positief en op 17 September begin ek die pad met borskanker amptelik stap. Vele doktersbes­oeke en toetse volg, en elke keer is daar ’n paar dae van wag vir uitslae. Maar ek bly NIE DIE WERK VAN RUIMTEWESE­NS NIE . . . tevrede. Watter vrou stap daar buite vir wie ek wil sê om my las oor te neem? Geeneen nie, want hoekom mag dit nie met my gebeur nie? Ek het slegs een versoek tot God, en dit is dat ek asseblief chemoterap­ie gespaar moet word.

Op 27 Oktober word ’n verdere spesialis-biopsie gedoen, waarvan die uitslae aandui dat daar geen verdere verspreidi­ng van kanker na die limfkliere is nie.

Groot besluite moet geneem word, en ná wik en weeg na alle kante toe met al die voor- en nadele van elke moontlike behandelin­gsopsie in ag geneem, word my dubbele mastektomi­e vir 8 November geskedulee­r. Op 6 November sit ek by my eetkamerta­fel en besluit dat tevrede nou verander na dankbaar – dankbaar omdat daar nou ’n definitiew­e roete is wat ek volg. Dankbaar vir al die liefde en ondersteun­ing wat ek van my Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die kompliment­e van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad,

Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@landbou.com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik.

Vandeeswee­k se wenbrief is deur Mariette Joubert geskryf. familie en vriende ontvang en vir al die gebede wat vir my gedoen word.

Verlede Vrydag besoek ek weer die chirurg vir die finale uitslae van toetse wat tydens my operasie gedoen is. Die kanker is volledig verwyder en die gedrag van die gewas het geensins verander vandat ek gediagnose­er is nie. Die grootste wonder van die hele proses is dat ek glad nie chemoterap­ie of bestraling nodig het nie. Ons dien ’n lewende God!

’n Stywe Jesus-drukkie van my. MARIETTE JOUBERT

 ??  ?? Karel Loots, ’n matrikulan­t van Groot-Marico in Noordwes, het hierdie foto van ’n koringland op hul plaas met ’n hommeltuig geneem. Hy sê die kaal kolle is die gevolg van oorbemesti­ng en wind tydens besproeiin­g. “Die spesifieke land het ’n taamlike...
Karel Loots, ’n matrikulan­t van Groot-Marico in Noordwes, het hierdie foto van ’n koringland op hul plaas met ’n hommeltuig geneem. Hy sê die kaal kolle is die gevolg van oorbemesti­ng en wind tydens besproeiin­g. “Die spesifieke land het ’n taamlike...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa