Landbouweekblad

Veer aan hoed vir ons boere

-

KOM ons lig ons hoed hier aan die einde van 2016 vir Suider-Afrika se boere. En, boere, gee julself ook ’n kloppie op die skouer vir die manier waarop julle weer gewys het hoe ’n mens uitdagings en probleme die hoof moet bied: Met geloof, deursettin­gsvermoë en nuwe planne.

Die afgelope jaar (en in sommige boere se geval – soos ons vriende in Namibië sê – drie tot vier jaar) is deur een van die strafste droogtes in menseheuge­nis gekenmerk. Menige keer het dit vir Manie gelyk of niemand dit langer kan uithou nie, maar dan was daar elke keer weer lig voor in die tonnel. Manie is seker menige boer se werksbroek is hier by die knieë se kant deurgeskaa­f van bid tot die Hemelse Vader vir uitkoms.

Graan SA het onlangs met die landboumed­ia oor die land se graantoeko­ms gesels, maar ook teruggekyk na wat alles vanjaar gebeur het. Dit het Manie laat wonder hoeveel boere van ander lande weens sulke probleme sou tou opgooi. Hulle boer mos lekker met hul regerings se subsidies. In sommige Europese lande word boere soms selfs betaal om nié produkte te lewer nie.

Suider-Afrika se landbouers het nie daardie luuksheid nie. Hulle moet sélf sien kom klaar. Dit is waarom hulle oor dekades heen geleer het hoe om ’n plan te maak om die aanslae af te weer. Manie weet sommige boere gaan nie die afgelope droogte oorleef nie, maar die meeste kyk al klaar weer met nuwe moed na die toekoms nadat milde reëns oor groot dele uitgesak het.

Dr. Dirk Strydom, ekonoom van Graan SA, het vertel 2016 was ’n baie droë jaar – ’n jaar van kontraste en konflikte, ’n onseker tyd vir landbou oor produktepr­yse, grondhervo­rming en die wisselkoer­s. Verlede jaar het ook met groot mistroosti­gheid geëindig, want dit het nie gereën nie. Toe die reën teen 15 Januarie vanjaar begin uitsak, het die boere die trekkers uit die skure getrek, die planters gehaak en binne tien dae 700 000 ha mielies geplant – teen ’n tempo van 1,26 miljoen sade per minuut! Op die ou end was daar darem ’n skaflike oes.

Dit wys waartoe ons boere in staat is en van die diepe geloof wat hulle staande hou. Watter ander mens sal R15 miljoen in grond belê sonder ’n idee van hoe die jaar gaan verloop en of daardie insetkoste ’n inkomste gaan word? Die boer kan maar net vertrou. Hoeveel mense het enige idee van die risiko’s waarmee die boer elke dag te doen het?

Dis dikwels diegene met ’n mond vol kos (deur die boer geprodusee­r) wat sit en kritiseer oor wat die boere nou weer verkeerd gedoen het. Dikwels

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa