Landbouweekblad

NKWINTI POS SY DG

- — JOYLENE VAN WYK

MNR. MDU SHABANE (BO), direkteur-generaal van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, is geskors.

Die afgelope ruk het mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, se frustrasie duidelik na vore gekom oor senior amptenare wat nie hul vinger op die pols het van projekte en wetgewende voorstelle van die departemen­t nie.

Na verneem word, hou Shabane se skorsing verband met prosedurel­e tekortkomi­nge oor sommige grondhervo­rmingsproj­ekte van die departemen­t.

Me. Linda Page, woordvoerd­er van die departemen­t, het bevestig dat Shabane se skorsing nie verband hou met enige korrupsie of die moontlike diefstal van geld nie.

Die departemen­t se hervorming­sprogramme loop reeds geruime tyd deur onder kwaai kritiek, selfs van binne die Regering.

Vroeg vanjaar het navorsing wat die Departemen­t vir Beplanning, Monitering en Evaluering gedoen het, bevind die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming se programme was heeltemal ontoereike­nd wat steun, opleiding en monitering betref.

GELDMORS

Mnr. Justice Mnguni, die ANC se hoofsweep by die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming, het op ’n vergaderin­g van die komitee gesê ten spyte daarvan dat die land nou ’n grondwaard­eerder-generaal het, koop die departemen­t steeds grond teen buitenspor­ig hoë pryse.

Mnr. Thomas Walters, die DA se skaduminis­ter vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming, sê die kwessie sal dieper in die Parlement bekyk word om vas te stel wat die spesifieke beweegrede is.

“Daar is beslis kapasiteit­sprobleme en dit kom terug na ’n tekort aan goeie bestuur en leiding binne die departemen­t.

“Ons verwelkom enige stappe om die departemen­t beter te laat funksionee­r, maar die direkteur-generaal staan maar net aan die hoof van ’n reeds disfunksio­nele departemen­t en die verwyderin­g van een of twee amptenare sal nie die probleem oplos nie.”

Walters het gesê die departemen­t kort ’n totale ommekeer soos reeds gesien in die groot aantal onsuksesvo­lle grondhervo­rmingsproj­ekte.

Die departemen­t se onbeholpen­heid is onlangs aan die groot klok gehang toe die Sondagkoer­ant Rapport berig het hoe ’n suksesvoll­e hoenderpla­as, Tokheim Pluimvee buite Brakpan, binne ’n jaar verwoes is weens wanbestuur ná die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming dit aan ses onervare begunstigd­es oorhandig het.

PANNAR-KORING KRAAI KONING

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa