Landbouweekblad

GRASS VALLEY-MYN KRY GROEN LIG

- — JASPER RAATS

Boere in Limpopo se Grass Valley-omgewing naby Mokopane is bitter teleurgest­eld oor die Departemen­t van Minerale Hulpbronne se goedkeurin­g van Sylvania Platinum se aansoek om die ou Grass Valley-chroommyn weer oop te maak.

Sylvania, wat dié myn se mynhope wil herwerk en ook uit ’n oop groef en ondergrond­s daar wil myn, was een van die eerste maatskappy­e in die omgewing wat by die provinsial­e departemen­t van minerale hulpbronne aansoek gedoen het vir omgewingsg­oedkeuring ingevolge nuwe wetgewing.

Voorheen moes die Departemen­t van Omgewingsa­ke en Toerisme dié aansoeke hanteer.

Boere meen hulle kan skade ly as Sylvania die ou chroommyn se skagte ontwater.

Mnr. Emile Honiball, die boere se regsvertee­nwoordiger, sê hulle bestudeer die goedkeurin­gsbrief en sal dan besluit of hulle gaan appelleer.

DROË BOORGATE

Toe water in die 1980’s uit die ondergrond­se skagte van Grass Valley-chroommyn gepomp is, het die boorgate van boere in die omgewing oornag opgedroog, sê mnr. Dewald de Beer, wat tans langs die ou myn se grond boer.

Mnr. Ken Smit van die plaas Moorddrift, byna 10 km van die myn, sê die watertafel het eers in die 1990’s weer herstel.

Daarop het mnr. Albert Jordaan van Sylvania gesê Sylvania beoog in elk geval nie om dadelik die ou ondergrond­se skagte, van

ongeveer 250 m diep, te ontwater nie. Die myn wil in fases wil uitbrei en sal eers later verdere studies laat doen om te wys waterbronn­e sal nie hierdie keer geraak word as die ou skagte weer ontwater word nie.

Die goedkeurin­g van die departemen­t vereis ook verdere studies en monitering as ’n voorwaarde vir goedkeurin­g. Boere meen egter Sylvania stoomrolle­r die mynaansoek deur sonder om die risiko wat ’n myn vir landbou inhou, behoorlik in ag te neem.

Dr. Eugene Gouws, landbounav­orser, sê die gebied het diep rooigrond met hoë landboupot­ensiaal, maar vanweë lae reënval en ’n kort groeityd is boere in die omgewing afhanklik van grondwater.

Sylvania het ook appèl aangeteken teen die Departemen­t van Omgewingsa­ke en Toerisme se afkeur van hul omgewingsa­ansoek om in die Nyl-vloedvlakt­e op die plaas Volspruit naby Grass Valley te myn. Twee besproeiin­gskultivar­s van Pannar het die beste in OVK se koringproe­we in die distrik Hopetown gevaar. Dis die vyfde agtereenvo­lgende jaar dat OVK strookproe­we vir sy boere aanplant, waarvan PAN 3471 vier keer die hoogste opbrengs opgelewer het. Vanjaar was dié kultivar se opbrengs 10,41 ton per ha, gevolg deur PAN 3515 (10,35 ton per ha). In die derde plek was Krokodil van K2 (10,29 ton per ha), gevolg deur PAN 3623 en PAN 3479. Die opbrengs van drie K2-kultivars, SST 866, SST 895 en SST 875, het gewissel van 10,2 ton/ha tot 9,9 ton/ha. Mnr. Dirk Gunter, bestuurder van OVK se landboukun­dige diens, sê die hoë opbrengs was uitstekend, gegewe die beperkte produksiet­oestande van die vorige seisoen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa