Landbouweekblad

‘Samewerkin­g keer skade tot dusver’

-

DIE gevaarlike tamatiebla­armyner-motspesie Tuta absoluta het sy opwagting ook in Wes-Kaapse tamatielan­derye gemaak.

“Ons is maar bekommerd, want jy het net soveel chemiese middels en skietgoed om te gebruik. Ons weet nie wat ons gaan doen as ons patrone opraak nie. As jy nie die plaag bestuur nie, gaan dit alles uitroei. Jy kan 100% verliese hê,” sê mnr. Grant Smuts, ’n tamatieboe­r van Robertson.

Tuta absoluta is aanvanklik in Augustus in Mpumalanga opgemerk, maar volgens mnr. Cobus Vorster, bestuurder van die Tamatiepro­dusente-organisasi­e (TPO), is die insek reeds landwyd geïdentifi­seer. Plase in die Paarl en Robertson het die jongste slagoffers en die eerste in die Wes-Kaap geword.

Dit is ’n aggressiew­e plaag wat die hele plant – van die blare tot die vrugte – aanval. Danksy voorkomend­e plaagbestr­yding is oeste darem nog nie beskadig nie, sê Vorster.

“Geen algemene afname in die aanbod van tamaties op die nasionale varsproduk­temarkte, waar meer as 80% van die land se tamaties bemark word, is tot dusver waargeneem nie.”

SAAMSTAAN

Smuts sê hulle het onlangs lokvalle vir Tuta absoluta op die plaas uitgesit en die volgende dag motte gevang. Dit is visueel én op DNS positief geidentifi­seer.

“Daar is gelukkig baie goeie samewerkin­g met al die chemiese maatskappy­e en ons het reeds ’n strategie vir ons streek uitgewerk. Die boere in die omgewing sal moet saamstaan en chemiese middels op gesinchron­iseerde wyse gebruik, anders sal daar skade intree,” sê hy.

Die plaagbestr­ydingsmidd­els wat vir tamatie-bladmynerm­ot geregistre­er is, het ’n onthouding­speriode van een tot drie dae.

“Al die middels wat vir Tuta geregistre­er is, is ongeloofli­k duur. Dit is ’n nuwe uitdaging, wat ook bestuursge­wys baie moeilik is, maar ons doen wat ons kan,” sê Smuts, wat ook bekommerd is dat Bactrocera dorsalis, ’n Oosterse vrugtevlie­g waarvan tamaties ook ’n gasheerpla­nt is, in hul rigting op pad is.

NOODREGIST­RASIE

Mnr. Johan Janse van Rensburg van Dow AgroScienc­es skryf op die TPO se webwerf dat die mot vinnig aanteel en sy lewensiklu­s binne 24 tot 38 dae voltooi. Dit is 12 nuwe generasies per jaar.

Sy raad is om chemiese middels uit verskillen­de groepe af te wissel en dit herhaaldel­ik toe te dien, soos nuwe groei plaasvind.

Hy sê die insekbestr­ydingsmidd­el Delegate, met Spinetoram as aktiewe bestanddee­l (registrasi­enommer L8392 ingevolge Wet 36 van 1947), het onlangs ’n noodregist­rasie ontvang om die plaag te probeer bestry.

“Ander aktiewe bestanddel­e wat besonder doeltreffe­nd is, is Rynaxapyr en metoksiefe­nosied (methoxyfen­ozide).” Om die voorkoms van Tuta absoluta aan te meld, stuur e-pos aan 2 3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa