Landbouweekblad

TRAE GROEI DRYF PROTEKSION­ISME

-

PROTEKSION­ISME kan in die toekoms toeneem soos lande “die geledere sluit” om hulself te beskerm, sê mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa-Agribesigh­eid se sentrum vir uitnemendh­eid.

Hy het op die bekendstel­ling van Absa se jaarlikse vooruitsko­uing vir die landbou gesê Brexit en die verkiesing van die aangewese Amerikaans­e president, Donald Trump, is tekens van ’n groeiende proteksion­istiese ingesteldh­eid. Hy skryf die neiging onder meer toe aan die wêreldekon­omie se trae groei.

“Mense word nie ryker nie en wil nie meer vir kos betaal nie,” sê hy. Die algemene verwagting is dat kommoditei­tspryse, asook landboukom­moditeitsp­ryse, sywaarts gaan neig.

Hoe Suid-Afrikaanse landbouers dié pryse gaan ervaar, sal egter afhang van die wisselkoer­s. Janovsky verwag dit gaan op langer termyn aanhou verswak. Hy sê Suid-Afrika se mededingen­dheid word grootliks deur sy wisselkoer­s bepaal.

Omdat die wisselkoer­s op sy beurt bepaal word deur die land se betalingsb­alans, en Suid-Afrika ’n tekort op sy lopende rekening het, moet die land beleggings lok om dié tekort te balanseer. Regeringsb­eleide belemmer egter laasgenoem­de.

KAPITAALKO­STE

Janovsky sê daar is nou minder druk om rentekoers­e weens onder meer inflasionê­re druk te verhoog. Die behoefte aan beleggers wat met ’n reële rentekoers aangemoedi­g word om in Suid-Afrika te belê, kan egter tot ’n verhoging lei.

Dit is egter ook belangrik om daarop te let dat die koste van kapitaal op lang termyn styg omdat die beskikbaar­heid van beleggings­geld afneem soos wat daar ál meer afgetreden­es is in verhouding tot werkendes wat bydra tot pensioenge­ld.

“In die vroeë 2000’s kon ’n mens maklik ’n 100%-verband teen prima minus 3% kry. Vandag sou jy ’n deposito van 20% tot 30% moet hê, en jy sal sukkel om ’n lening onder die primakoers te kry.

“Dit dui op ’n toename van nagenoeg 3% in die koste van kapitaal. Die verwagting is dat die koste van kapitaal sal aanhou styg namate die wêreldbevo­lking ouer word.”

Dit beteken geld vir kapitaalui­tbreidings gaan duurder word.

LEMOENE

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa