Landbouweekblad

VERE WAAI OOR INVOER

-

DIT was ’n onstuimige jaar vir die pluimveebe­dryf, hoofsaakli­k oor die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa), hoenderpry­se en pekelwater in hoendervle­is.

Op 11 Januarie het pres. Barack Obama van Amerika ’n sperdatum van 16 Maart gestel om Amerikaans­e hoendervle­is op Suid-Afrikaanse winkelrakk­e te sien, anders sou Suid-Afrika sy voordele ingevolge Agoa verloor.

In daardie stadium is klein huishoudel­ike, administra­tiewe en kommunikas­iekwessies deur invoerders die skuld gegee oor hoekom daar nie begin kan word met die invoer van die jaarlikse kwota van 65 000 ton hoenderstu­kke aan die been sonder teenstorti­ngstariewe nie.

Die plaaslike pluimveebe­dryf was ontevrede oor die verslappin­g in vereistes oor salmonella en voëlgriep waaraan Amerikaans­e boere moet voldoen. Die toegewings wat vir Amerikaans­e boere geld, geld nie vir plaaslike boere óf ander lande se uitvoerder­s nie, was mnr. Kevin Lovell, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV), se beswaar.

Vroeg in Maart het die eerste Amerikaans­e hoendervle­is egter Suid-Afrika begin binnekom.

In September het die bedryf nog ’n knou weg toe die Hooggeregs­hof in Pretoria ’n aansoek deur die SAPV dat nuwe regulasies oor die pekelperk tersydse gestel en hersien moet word, met koste van die hand gewys het. ’n Perk van 15% pekelwater in hoenderstu­kke geld sedert 22 Oktober.

DATA

Deur die loop van die jaar was daar ook ’n gestryery oor Statistiek­e SA se opname oor prysstygin­gs. Volgens Statistiek­e SA het die prys van bevrore hoenderstu­kke in Januarie met byna 27% en in Februarie met byna 40% gestyg teenoor die ooreenstem­mende tyd in 2015.

Die SAPV het dié syfers bevraagtek­en en gesê daar moet ’n statisties­e afwyking wees. Lovell het gesê dalk moet vars hoendervle­is nie in die basiese voedselman­djie bereken word nie omdat dit net 10% van verkope verteenwoo­rdig teenoor kitsbevror­e stukke wat tot 63% van die mark uitmaak.

Oor die belangrikh­eid van die pluimveebe­dryf het me. Tracy Davids, ’n koördineer­der by die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP), in Julie gesê dit is die grootste landbousub­sektor en het verlede jaar 16,5% van die landbou se produksiew­aarde verteenwoo­rdig. Sy meen egter die bedryf is onder groot druk. Van 2010 tot 2015 het voerkoste met 75% gestyg, maar produsente­pryse met slegs 56%. In dieselfde tydperk het invoer van 240 000 ton per jaar tot 457 000 ton per jaar gestyg.

Laat in die jaar het die Food and Allied Workers Union protesopto­gte gehou teen goedkoop hoendervle­isinvoer uit die Europese Unie. Teen druktyd het die bedryf gewag om te hoor of mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, sou instem om ’n aanbevole beskerming­sheffing van 13,4% op ingevoerde hoendervle­is af te kondig.

Van 2010 tot 2015 het voerkoste met 75% gestyg, maar produsente­pryse met slegs 56%. In dieselfde tydperk het invoer van 240 000 ton per jaar tot 457 000 ton gestyg.

 ?? FOTO:VERSKAF ?? Mnr. Scott Pitman (middel), besturende direkteur van die pluimveepr­odusent RCL Foods, vroeër vandeesmaa­nd tydens ’n optog van die Food and Allied Workers Union (Fawu) na die KwaZulu-Natalse wetgewer. Dié maatskappy sal aanstaande jaar 1 350 werkers by...
FOTO:VERSKAF Mnr. Scott Pitman (middel), besturende direkteur van die pluimveepr­odusent RCL Foods, vroeër vandeesmaa­nd tydens ’n optog van die Food and Allied Workers Union (Fawu) na die KwaZulu-Natalse wetgewer. Dié maatskappy sal aanstaande jaar 1 350 werkers by...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa