Landbouweekblad

Droogte ’n slag vir nasionale kudde

-

AFGESIEN daarvan dat veeboere vanjaar kwaai onder die droogte gebuk gegaan en die getal vroulike diere op plekke, soos in die Noord-Kaap, met sowat 20% afgeneem het, was daar ook ander probleme, soos tekorte aan entstowwe en die verspreidi­ng van dieresiekt­es.

Prof. Ferdi Meyer, direkteur van die BFAP, het in Junie gesê die veebedryf gaan sowat vier jaar nodig hê om te herstel van die droogte se uitwerking op weiding en veegetalle.

In dieselfde tydperk het boere ernstig begin kla oor prysstygin­gs en voorraadte­korte van Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) se entstowwe. Dit het gevolg nadat OBP sy verspreidi­ngsvennoot­skap met Bayer beëindig en sy produkte self na koöperasie­s en veeartse begin versprei het.

Dr. Steven Cornelius, uitvoerend­e hoof van OBP, het aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye erken dat OBP in die eerste drie maande sedert sy verspreidi­ngsooreenk­oms met Bayer tot ’n einde gekom het, probleme met verspreidi­ng ondervind het. Selfs nadat hy later die versekerin­g gegee het daar is genoeg entstowwe beskikbaar, het koöperasie­s steeds gekla oor die verkryging daarvan. Die grootste haakplek het geblyk kommunikas­ie tussen OBP en sy kliënte te wees.

Einde Oktober het dr. Pieter Prinsloo, ondervoors­itter van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO), gesê die bedryf se voorbereid­ings vir ’n hofsaak teen OBP gaan voort, en die hele waardekett­ing is daarby betrokke.

Deur die loop van die jaar is by verskeie geleenthed­e gewaarsku brucellose ruk handuit en is ’n ernstige bedreiging vir vleisprodu­ksie. Mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuu­rder van die RPO, het gesê die siekte hou ’n ernstige bedreiging vir die kalfpersen­tasie van Suid-Afrika se veestapel in. Dit kan ook mense wat besmette vleis eet, siek maak.

Volgens hom was die siekte teen 1994 bykans ten volle onder beheer, maar dit het sedertdien ernstige vlakke aangeneem, hoofsaakli­k in Noordwes, die Vrystaat en Limpopo. Dit het ook opnuut in die SuidKaap uitgebreek.

 ??  ?? Meer as ’n kwartmiljo­en beeste in Suid-Afrika het in die afgelope jaar weens die droogte gevrek.
Meer as ’n kwartmiljo­en beeste in Suid-Afrika het in die afgelope jaar weens die droogte gevrek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa