Landbouweekblad

Empatie en toegewings nodig in onderhande­ling

-

IN ’N debat op Agri SA se kongres oor hoe grondhervo­rming kan slaag, was die konsensus dat dit intense onderhande­linge en toegewings van alle kante verg.

Mnr. Masiphula Mbongwa, raadgewer by die Ministerie van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, het gesê almal moet met oplossings vorendag kom om vorentoe te beweeg, met die vereiste dat produksie nie versteur moet word nie en almal ná die tyd beter daaraan toe is.

Mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se beleidskom­itee vir landbouont­wikkeling, het gesê vertroue tussen die Regering en boere is nodig.

Begunstigd­es moet wettige eienaarska­p van die grond kry, beter gekeur word en sterk ondersteun­ingstelsel­s hê.

Een van die modelle wat weer getoets gaan word, is dié van die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan (bekend as die Karaanplan), wat behels dat gevestigde boere en begunstigd­es (meestal plaaswerke­rs) elk 50% aandele in ’n nuwe boerdery het. Die staat finansier die begunstigd­es se aandeel.

’n Ooreenkoms tussen die Regering en die Land Bank oor ’n uitbetalin­gsmeganism­e vir die staat se 50% bydrae tot sulke projekte maak dit moontlik.

Dr. Theo de Jager, voorsitter van Agri Limpopo se transforma­siekomitee, het gesê daar word nou gekyk na vyf nuwe projekte in die provinsie. Die eerste 5050projek was ’n sitrusplaa­s in Burgersfor­t, wat in 2014 deur Bosveld Sitrus aangekoop en ontwikkel is. Deur die loop van die jaar het ’n spesiale ondersoeke­enheid met die Valke, die Batebeslag­leggingsee­nheid en die Nasionale Vervolging­sgesag (NVG) saamgewerk om beslag te lê op altesame 29 plase van R470 miljoen ná onwettige transaksie­s tussen korrupte amptenare, plaasverko­pers en oordragpro­kureurs.

Die plase is nou aan die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming terugbesor­g en die mikpunt is om dit voor einde Desember aan nuwe, verdienste­like begustigde­s te oorhandig.

Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, het die ondersoeke aangevra ná onreëlmati­ghede by grondhervo­rmingsprog­ramme uitgelig is.

Nóg 40 voorvalle rakende die onreëlmati­ge oordrag van plase ter waarde van R400 miljoen word ondersoek. Dit is 19 plase in die WesKaap, 12 in die Vrystaat en 9 in Limpopo en Mpumalanga.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa