Landbouweekblad

Met AgriReward­s kan Senwes se graanklant­e nou ’n bonus met hul oes verdien.

-

Senwes stel met trots die Senwes AgriReward­s uitgesteld­e bonusskema bekend wat aan alle klante van Senwes Grainlink die geleenthei­d bied om goeie, uitgesteld­e bonusse te verdien én die voordeel daarvan te benut. Só beloon Senwes sy lojale klante.

Deelnemend­e klante wat hul graan by Senwes se silo’s lewer, kry ’n bykomende, uitgesteld­e bedrag per ton. Dit geld vir alle grane en oliesade wat in die 2016-’17-oesjaar gelewer word. Op 30 April gaan Senwes die finale bonusbedra­g bereken. Dit sal jaarliks akkumuleer ooreenkoms­tig die mate waartoe die klant sake met Senwes doen.

As die skema op die vorige jaar toegepas sou word, kon klante tot ongeveer R54 per ton verdien het met hul graanlewer­ings.

“In hierdie moeilike tye spits Senwes hom veral op sy klantebasi­s toe. Die kwessie was altyd om ’n balans tussen alle belanghebb­endes

VOLHOUBAAR­HEID

te kry, maar veral tussen die klant en aandeelhou­er. Die fokus van die program is om ’n noemenswaa­rdige belegging in die klantebasi­s te maak en ’n stewige fonds op te bou. Dit is gegrond op die hoeveelhei­d besigheid wat met Senwes gedoen is. Volhoubare klante sal volhoubare aandeelhou­erswaarde skep,” het mnr. Danie Minnaar, voorsitter van Senwes, gesê.

“Hoewel ons die AgriReward­s vir die 2016-’17-oesjaar net aan alle graanklant­e beskikbaar stel, wil Senwes dit mettertyd tot voordeel van alle klante in ander sake-eenhede van die Senwes Groep aanbied,” het mnr. Francois Strydom, hoof- uitvoerend­e beampte van Senwes, bygevoeg.

Die gebruikers­vriendelik­e uitgesteld­ebonusskem­a bied op elektronie­se platforms maklike registrasi­e en toegang aan klante. Dit is onderhewig aan die aanvaardin­g van die bepalings en voorwaarde­s.

In die toekoms sal die direksie jaarliks die grondslag van die AgriReward­s-voordele en Senwes is een van die toonaangew­endste landbousak­emaatskapp­ye in Suid-Afrika en het oor die afgelope 107 jaar ’n trotse geskiedeni­s van diens aan die landbousek­tor opgebou. Die maatskappy is stewig gevestig in Klerksdorp in Noordwes. Die Senwes Groep van maatskappy­e rus op drie pilare – insetversk­affing, finansiële en tegniese dienste, en marktoegan­g in Noordwes, die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Die Senwes Groep het ’n geïntegree­rde sakemodel wat help met sy kerndoelst­elling, naamlik om ’n betekenisv­olle bydrae tot voedselsek­erheid in Suid-Afrika te lewer.

Senwes is daartoe verbind om ’n betekenisv­olle bydrae tot die volhoubare bestaan van alle belanghebb­endes te lewer deur volhoubare landbou. Senwes verskaf vernuwende en geïntegree­rde oplossings aan voedselpro­dusente en ander belanghebb­endes in die toepaslike gedeeltes van die voedselwaa­rdeketting. -deelname deur ander sake-eenhede bepaal en aankondig.

Klante sal ook die opgeloopte bonusvoord­ele kan aanwend as sekuriteit vir bykomende kredietger­iewe by Senwes Credit en só hul beleggings optimalise­er.

Klante wat vir die AgriReward­s in aanmerking wil kom, kan die maklike registrasi­eproses volg. Registrasi­e sluit op 31 Maart. Besoek AgriReward­s se webwerf by

om te registreer en vir verdere inligting. info@agrireward­s.co.za, 018 464 7168.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Senwes bied ’n nuwe uitgesteld­e bonusskema aan sy graanklant­e wat by Senwes se silo’s graan lewer. Daarvolgen­s sal ’n klant ’n uitgesteld­e bonus ontvang vir elke ton graan en oliesaad wat hy of sy in die 2016-’17-oestyd lewer.
FOTO: JOHAN NORVAL Senwes bied ’n nuwe uitgesteld­e bonusskema aan sy graanklant­e wat by Senwes se silo’s graan lewer. Daarvolgen­s sal ’n klant ’n uitgesteld­e bonus ontvang vir elke ton graan en oliesaad wat hy of sy in die 2016-’17-oestyd lewer.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa