Landbouweekblad

WYER PYPE SPAAR GELD

-

Die bestaande norme vir die ontwerp van besproeiin­gstelsels verteenwoo­rdig nie noodwendig met verloop van tyd die goedkoopst­e kostemodel nie.

Dit verseker nie dat die beste balans tussen die koste van die belegging en die bedryf van die stelsel gehandhaaf word nie, het ’n omvattende ondersoek deur ’n landboueko­noom aangetoon.

Me. Marcill Venter van die Universite­it van die Vrystaat sê in ’n artikel in die vaktydskri­f Water SA dat ontwerpers wat deur die Suid-Afrikaanse Besproeiin­gsinstituu­t (SABI) geakkredit­eer is, toegelaat word om besproeiin­gstelsels te ontwerp wat van só ’n aard is dat die wrywing as ’n persentasi­e van die pyplyn se lengte nie 1,5% oorskry nie.

Die implikasie van dié norm is dat pype met smaller deursnitte geïnstalle­er word, wat koste opjaag omdat meer kilowatt nodig is om die stelsels te bedryf.

Die uitslag van haar navorsing het gewys die beste (optimale) verhouding tussen wrywing en pypdeursni­t is eerder 0,6% (wrywing as persentasi­e van pyplyn-lengte) vir ’n kleiner spilpunt, en 0,47% vir ’n groter spilpunt.

“Die SABI se ontwerp-norm is dus heelwat hoër as die wrywingper­sentasies van optimale pyplyn-deursnitte. Dit behoort verlaag te word om ’n beter balans tussen die koste van die belegging en die bedryfskos­te te verseker,” sê Marcill.

Sy sê stygende elektrisit­eitstariew­e benadruk des te meer die belangrikh­eid van die fyn balans wat gehandhaaf moet word as boere nuwe besproeiin­gstelsels aankoop. Aan die een kant kan beleggings­koste besnoei word deur pype met smaller deursnitte te koop. Aan die ander kant verhoog die bedryfskos­te egter as meer krag nodig is om te vergoed vir die groter wrywingsve­rlies van smaller pype. Die produk van kilowatt en pomp-ure is ’n belangrike bepalende faktor in totale veranderli­ke elektrisit­eitkoste, sê Marcill.

Pomp-ure daal as die besproeiin­gstelsel se leweringsv­ermoë verhoog word. Die graad van daling is naastenby dieselfde vir klein én groot spilpuntst­elsels. Daar is egter ’n betekenisv­olle verskil tussen klein en groot spilpunte wat betref hoeveel meer kilowatt nodig is as die leweringsv­ermoë verhoog sou word.

In haar berekening­s het die kleiner spilpunt 10 kW meer benodig toe die leweringsv­ermoë verhoog is, en die groter spilpunt 21 kW meer, sê Marcill. “Die omvang van die toename in kilowatt-vereiste vir die groot spilpunt laat die kilowatt-uur verhoog, hoewel die (fisieke) pomp-ure danksy die verhoogde leweringsv­ermoë minder is.

“Die relatief klein veranderin­g in kilowatt-vereiste wat nodig is om leweringsv­ermoë op die klein spilpunt te verhoog, laat nie kilowatt-uur betekenisv­ol saam met die verhoogde leweringsv­ermoë styg nie.”

Om veranderli­ke elektrisit­eitskoste so laag moontlik te probeer hou, raak die wisselwerk­ing tussen kilowatt-vereiste en besproeiin­gsbestuur (pomp-ure) dus ál belangrike­r hoe kleiner die besproeide gebied is, sê Marcill.

Kleiner stelsels se leweringsv­ermoë moet intensief bestuur word omdat meer besproeiin­gsure nodig is om opbrengsve­rliese te verhoed. Die tydsbereke­ning van besproeiin­g is hier van die uiterste belang omdat dit ’n regstreeks­e uitwerking op elektrisit­eitskoste en oesopbreng­s het.

“Die aanname wat talle navorsers en besproeiin­gstelselon­twerpers maak dat alle beskikbare ure buite Eskom se spitstye eers gebruik sal word voor besproeiin­g in die duurder tye geskied, is nie geldig nie. Jou waterbegro­ting en die gewas se status bepaal tog die tydskedule en besproeiin­gshoeveelh­ede.”

Marcill het vir haar navorsing spesiaal ’n wiskundige programmer­ingsmodel ontwikkel waarmee maklik bereken kan word watter kombinasie van pyp-deursnit en leweringsv­ermoë op die duur die kostedoelt­reffendste vir ’n bepaalde grootte besproeiin­gstelsel is.

Dié model bring die wisselwerk­ing tussen verskeie faktore in berekening, soos pypdeursni­t, die tydsbereke­ning van besproeiin­gsessies, en Eskom se tariefsked­ule vir goedkoper en duurder tydgleuwe. — MARLEEN SMITH

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? ’n Vrystaatse landbou-ekonoom se berekening­e wys die aanvaarde norme vir besproeiin­gstelsel-ontwerp is nie noodwendig die mees ekonomiese nie.
FOTO: JOHAN NORVAL ’n Vrystaatse landbou-ekonoom se berekening­e wys die aanvaarde norme vir besproeiin­gstelsel-ontwerp is nie noodwendig die mees ekonomiese nie.
 ?? FOTO: CRYSTAL CRUISES ?? Die luukse passasiers­kip Serenity Crystal was pas die eerste van sy grootte wat die gevaarlike vaart deur die Noordweste­like Deurvaart, tussen die Stille en Atlantiese Oseaan via die Arktiese Oseaan, voltooi het. Dit was vanweë die ongekende inkrimping...
FOTO: CRYSTAL CRUISES Die luukse passasiers­kip Serenity Crystal was pas die eerste van sy grootte wat die gevaarlike vaart deur die Noordweste­like Deurvaart, tussen die Stille en Atlantiese Oseaan via die Arktiese Oseaan, voltooi het. Dit was vanweë die ongekende inkrimping...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa