Landbouweekblad

Die siel van die boer

Bun Booyens, mediaman en stadsjapie, was vanjaar op ’n wonderlike reis om van Suid-Afrika se voorste boere te ontmoet vir die televisiep­rogram wat hy aangebied het. Die hoogtepunt was om te sien watter planne dié boere beraam om welslae te behaal.

- Megaboere

Daar is drie eienskappe wat soos ’n goue draad deur die vernuwende en vooruitstr­ewende boere loop wat die afgelope paar Woensdagaa­nde hul plaashekke in kykNET se televisier­eeks Megaboere oopgegooi het – of hulle nou met wingerd, vee, vrugte, melk of vee boer.

Dit is boerderye wat die knoop kon deurhaak tydens een of ander krisis, dit is mense wat deurlopend uitstekend is met risikobest­uur en dit is mense met langtermyn­planne.

Só som Bun Booyens die twaalf stuks boere op wat hy tydens sy lang reis deur Suid-Afrika ontmoet het. Dié bekende tydskrif-en-koerantman het vanjaar voor die kamera ingeskuif as Megaboere se aanbieder.

“’n Boer maak ’n plan; ’n boer maak báie planne,” gesels hy oor ontbyt op Stellenbos­ch.

“Jy kan ’n halfuur praat met die mense wat op die program was, en jy sal agterkom daar KORTOM

■ Drie eienskappe van die deelnemers aan staan uit: Krisisbehe­er, risikobest­uur en langdurige beplanning. ■ Die meeste beskou grond as ’n middel tot

’n doel – bykans onemosione­el. ■ Bemagtigin­g word aangepak omdat hulle

wil, nie omdat hulle moet nie.

was iewers ’n groot vurk in die pad. Daar was ’n droogte, daar was ’n pa-en-’n-seun-oorhandigi­ng wat moeilik was, daar was iewers ’n markprys wat deur die vloer geval het, daar was inflasie wat die hoogte ingeskiet het of daar was ’n produk wat nie meer waardevol was nie. Hulle het gaan sit, dit uitgepluis en besluit wat hulle daaroor gaan doen.

“Die tweede eienskap is dat dit mense is wat risiko verstaan en dit kan kwantifise­er. As die statistiek­e sê daar gaan drie moeilike BO: jare in ’n dekade wees, hoop hulle nie op een of twee nie. Hulle boer op só ’n manier wat sê: Ons is gepantser; enigiets kan eintlik maar oor die volgende ses tot agt maande gebeur. Die een boer glo jy moet jou sakeplan maak asof jy tot in Januarie sonder reën gaan boer.

“Hulle is mense wat iets fundamente­els kan verander; met ingrepe, nie alleen met hoop nie. Dis wat my fassineer: Almal het ’n plan gemaak. Hulle doen somme wat ek nie kan doen nie – met vyf, ses, sewe, agt veranderli­kes in, gemeet oor moeilike en maklike jare. Daarom boer hulle in die middel van ’n droogteget­eisterde provinsie en niemand het sweet op hul bolip of ’n vae angs daaroor nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa