Landbouweekblad

Die perfeksion­is van die Groot-Karoo

- – LUCILLE BOTHA

“Klas! Klas! Klas! Dis ál hoe jy ’n beter produk gaan lewer. Dís waar die mooi tjop vandaan kom,” gesels mnr. Neels Grobbelaar van Lovedale Dorpers by De Aar. En as hy praat, kan jy maar luister.

Dié wenner van die GWK Icons-eerbewys vir skaapvleis van die hoogste gehalte het in 1992 laas nodig gehad om sy kleinvee te voer.

Hy het ook met slim seleksie en teling die gemiddelde uitslaggew­ig van sy Dorperkudd­e Leer aan die hand van ’n kenner. Me. Emma Wiley is sedert begin vanjaar soos haar oupa mnr. Neels Grobbelaar se skaduwee. met amper 5 kg tot bykans 23 kg opstoot.

“Ek boer met minder skape, maar bemark hulle gouer teen ’n beter gewig. My ooie kom ook gouer in produksie. Ek glo nie aan byvoeding nie, daarom het ek geen skuld nie.”

Vleis was nog altyd sy passie. Hy het voorheen verskeie slagplase en ’n vervoerond­erneming besit, maar boer nou al 32 jaar heeltyds op sowat 60 000 ha met ’n kudde van sowat 8 000 skape.

Boonop voldoen 80% van hierdie vleis aan Woolworths se Free Range Karoo Lamb-gehaltemer­k, asook GWK se Certified Natural-projek.

“Om sulke gehalte te lewer het jy goeie ramme nodig, maar dis meer as dit. Ons het ’n stelsel wat wérk op elke plaas toegepas.”

Elke plaas word weekliks besoek om die drade en waterpunte na te gaan. Die gewigte van elke plaas se lammers of skape wat geslag word, word ook aangeteken. Hulle het die afgelope 12 jaar ’n naspeurbaa­rheidstels­el.

Neels bedryf ’n geslote kudde en het laas in 1998 ’n ram gekoop. “Ons stoetery is groot genoeg dat inteling nie plaasvind nie.”

Hy het ook ’n waglys vir stoetdiere. “Ek verkoop nie ooie en ramme nie, maar my naam.”

Neels bemark gemiddeld 120 stoetramme per jaar – “die enigste boerdery in Suid-Afrika wat ’n suiwer veldram sonder enige byvoeding teel”.

Hoewel hy met 10 000 skape op sy grond kan boer, hou hy by sowat 8 000 diere.

Sy veld se drakrag is gemiddeld een kleinvee-eenheid (KVE) op 3 ha, maar hy boer teen een KVE op 4-5 ha, na gelang van die veldtoesta­nde.

Benewens seleksie en teling, sê Neels goeie stelsels is die belangriks­te hulpmiddel vir enige boer om vooruit te gaan. “’n Boerdery is ’n profession­ele besigheid en jou sukses hang van jou bestuur af. Die tyd van eksperimen­tering is verby; die kanse wat jy kry, moet jy reg benut. Met diere van die regte gehalte kan jy nooit ’n fout maak nie.

“Mense sê ek is ’n perfeksion­is, maar ek weet nie wat dit is nie. Iemand het al vir my gesê ek moet my standaarde ’n bietjie laat sak. Maar ek kan dit mos nie doen nie! Ek kan dit dalk net ’n bietjie verhoog . . .”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa