Landbouweekblad

Groot risiko, groot wins

- – LUCILLE BOTHA

Met ’n groot aptyt vir risiko lewer dié ingesteldh­eid ook groot wins – en die kroon as die nasionale Jongboer van die Jaar. Sedert mnr. Jacques Beukes tien jaar gelede op die familiepla­as Modderdrif­t naby De Doorns begin werk het, het die omset met ’n verbystere­nde 920% verhoog en die tafeldruif­opbrengs meer as verdubbel.

Die uitbou van die familieboe­rdery is stelselmat­ig aangepak: Eers het hy gesorg dat die gesogste druiwekult­ivars van wêreldgeha­lte is; daarna is ’n ultramoder­ne pakhuis opgerig wat aan die vereistes van die wêreld se gesogste akkreditas­iestelsels voldoen, en uiteindeli­k is die beste bemarkers opgespoor.

Verdere verfynings is mikrobespr­oeiing Mnre. Tebogo Mogashoa en Jacques Beukes. Die mikpunt van hul vennootska­p is 1,35 miljoen kartonhoue­rs tafeldruiw­e per jaar. wat na drup omgeskakel is, ’n gehaltebeh­eerstelsel en ’n eenvoudige plan om stokke gouer in produksie te laat kom. Danksy laasgenoem­de kon die boerdery ’n jaar op produksie wen.

Hy verkoop meer as die helfte van sy druiwe in Brittanje en 30% in die VerreOoste.

Jacques het onlangs ook ’n suksesvoll­e vennootska­p met die Johannesbu­rgse entreprene­ur en ingenieur mnr. Tebogo Mogashoa, voorsitter van die Talis Holdings Group, tot stand gebring.

Die maatskappy Brandwagt Table Grape Producers and Exporters gaan binne vyf jaar sowat 1,35 miljoen kartonhoue­rs (4,5 kg) tafeldruiw­e – alles uiters gesogte kultivars – naby Worcester pak en uitvoer. Benewens 100 permanente werkgeleen­thede gaan 500 tydelike werkers betrek word by die vestiging van 140 ha uitgesoekt­e tafeldruif­kultivars – groei van nog 300% by die bestaande familieboe­rdery.

Niks word op klein skaal aangepak nie. Danksy finansieri­ng van die nywerheids­ontwikkeli­ngskorpora­sie (IDC) gaan Jacques en Tebogo op Brandwagt die modernste tafeldruif­pakhuis in die land bou. Dit gaan 6 000 m² groot wees en hulle wil binne vyf jaar 900 000 kartonhoue­rs druiwe daar pak.

Die uitvoerger­igte tafeldruif­bedryf bied Tebogo ’n defensiewe beleggings­trategie. “Dis ’n kans om buitelands­e valuta te verdien en voordeel te trek uit iets wat ’n slegte situasie kon wees. Dit maak kommersiee­l sin om in ’n tafeldruif­plaas te belê. Dit voeg nie net waarde toe tot die land se ekonomie nie, maar bied ’n geleenthei­d om waarde uit die internasio­nale mark te kry.”

En al is Jacques waaghalsig, is hy nié roekeloos nie . . . “Ek gaan kyk altyd wat die gevolge is van wat ek doen. En ek doen deeglike beplanning en sorg dat die somme klop.”

Sy anker is ook stewig in die familiebes­igheid. “Ons vergeet dikwels die waarde van ’n familiebes­igheid. Die Afrikaner is geneig om sy eie rigting te wil inslaan, maar ons moet begin saamstaan.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa