Landbouweekblad

Woestynsan­d omskep in besproeiin­gs-Eden

- CHARL VAN ROOYEN

Dit is moeilik om 400 000 ha voergewass­e, mielies, vrugteboor­de en ander aanplantin­gs tussen die duine te visualisee­r, maar dis presies wat in die Soedan beoog word.

Die eerste fase van 6 000 ha onder besproeiin­g pryk reeds tussen die duine danksy die kundigheid van mnr. Johann Hiemstra van Nelspruit se Floppy Sprinklers­telsel en die projekleid­ing van mnr. IB Oosthuizen (foto bo) van Terratek, presisiebo­erderyafde­ling van Suidwes Landbou.

Die aanvoorwer­k van die projek kom uit die Verenigde Arabiese Emirate. Die maatskappy Jenaan Investment­s het in 2013 ’n ooreenkoms met Suidwes Landbou aangegaan om oor vyf jaar die nodige kundigheid te verskaf. Die maatskappy Amtaar, wat deur Jenaan en die Soedannese regering gestig is, voer die projek uit.

Die lande by Al Dabbah, sowat 360 km noord van die hoofstad, Khartoem, is reeds bedek met weidings. Alles word besproei uit boorgate wat gesink is tot in ondergrond­se waterbronn­e wat uit 150 000 km² waterdraen­de bros gesteentes bestaan.

IB sê die bouwerk aan die volgende fase het nog nie begin nie omdat Johannhull­e ’n nuwe soort sproeier ontwikkel. Johann sê die sproeier lewer 40% méér water met ’n effens groter druppel en ’n wyer spasiëring. Só sal die stelselkos­te met 22,5% verminder.

Hoewel daar tans net voer vir diere verbou word, begin die groep binnekort om op groot skaal voedsel te lewer. Grondboon en mielieproe­we is afgehandel. Verder, sê IB, word ’n kwekery opgerig om vrugtebome te kweek. Hulle wil so gou moontlik tafeldruiw­e en mango’s begin verbou en uitvoer.

’n Voerkraal met plek vir 100 000 beeste sal binnekort in bedryf kom. Aanvanklik gaan 20 000 lewende beeste per maand na hoofsaakli­k Egipte en Europa uitgevoer word. –

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa