Landbouweekblad

Volle waardekett­ing vir volhoubaar­heid

- – CHARL VAN ROOYEN

As wildboere méér aandag aan die volle waardekett­ing gee, sal dit hul volhoubaar­heid verhoog en hulle minder afhanklik maak van uitsonderl­ik hoë pryse vir skaars wild.

Mnr. Wiaan van der Linde (foto), voorsitter van Wildbedryf Suid-Afrika en eienaar van onder meer WB Safari Company, sê boere moet mik na die ideaal om by die héle waardekett­ing betrokke te raak.

Wiaan en sy vennoot, mnr. Hennie Gous, bedryf Wintershoe­k Wild by Kimberley saam en boer elkeen op sy eie grond, wat altesaam 110 000 ha beslaan. Wiaan, met ’n graad in sielkunde, het elf jaar gelede op huurgrond met wild begin boer.

Hulle doen geen intensiewe teling met hoëwaardew­ild, soos buffels, swartwitpe­nse, bastergems­bokke en renosters, nie. Hulle spits hulle wel toe op die teel van geharde teelbulle en vroulike diere wat op enige plek kan aanpas.

Die befaamde buffelbul Tyson, met ’n horingwydt­e van 53 duim, kom uit hul stal.

Hulle is betrokke in verskeie fasette van die wildbedryf: Die teel van algemene wildsoorte met topmateria­al, die safaribesi­gheid Wintershoe­k Safari’s gemik op binne- en buitelands­e klante, die toerismebe­sigheid Wintershoe­k Photograph­ic Safari’s, hul eie leerlooier­y en taksidermi­ebesigheid, African San Taxidermy and Tannery, en Oryx Venison, ’n aanleg wat sowat 300 ton wildsvleis per jaar verwerk. Hulle verskaf permanente werk aan sowat 140 mense.

Wiaan sê wanneer nuwe wetgewing goedgekeur word, sal dit ’n vloerprys vir wild verseker en ’n nuwe bron van kontantvlo­ei vir wildboere moontlik maak. “Die wetgewing sal hulle toelaat om vrylik met wild handel te dryf, soos met skape en beeste. As ons geëtikette­erde wildvleis op winkelrakk­e kan plaas, sal ons op gelyke voet met die ander vleissoort­e kan meeding.”

Dié leier in die wildbedryf sien egter nóg skakels in die ketting wat hy wil benut. Hy wil byvoorbeel­d inskakel by ’n vleisprodu­ksienetwer­k om toegang tot die groot kettingwin­kels se vleisrakke te kry en vleis uit te voer. Hy en Hennie is ook besig om ’n binnenshui­se leerlooier­y te bou waar waarde tot wildsvelle gevoeg gaan word – en dit vir die vervaardig­ing van skoene voorberei gaan word. Die eerste skoene sal in Maart bemark word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa