Landbouweekblad

Aan die voorpunt van vernuwing

- – JOHAN NORVAL

Ondanks sy jeugdighei­d is die 28-jarige mnr. Vickie Bruwer jr. (foto), Noord-Kaapse Jongboer van die Jaar, reeds ’n toonbeeld van die durf van ’n praktiese besproeiin­gsboer.

Hy stam uit die bekende en bekroonde Genadeboer­dery, waar grondgeson­dheid en balans tussen die grond, gewasse en natuur voorop in hul boerderyfi­losofie staan.

Aan die oewer van die Vaal- en Rietrivier by Douglas bestuur Vickie jr. ’n groeiende boerdery met hoofsaakli­k mielies, koring, lusern en grondbone, en afwisselen­d aartappels saam met sy broers, Hannes en Gerhard, op landerye met ’n hoë opbrengspo­tensiaal.

Hy volg ’n basiese, maar aanpasbare wisselbous­telsel. Produkprys­e en veral volhoubaar­heid kry aandag. Danksy ’n fyn hand op insetkoste en presisiebo­erderybegi­nsels kry hy dit reg om ’n hoër opbrengs teen ’n laer insetkoste te behaal en die boerdery teen minstens 10% per jaar te laat groei.

Geen besonderhe­id word aan die toeval oorgelaat nie: Kultivarpr­oewe word elke seisoen met byna elke gewas gedoen, hy pas werktuie aan om in te pas by sy stelsel van verminderd­e en strookbewe­rking en hy bou self infrastruk­tuur, soos pompstelse­ls.

Elke landery word weekliks besoek en ’n span bemestingk­onsultante is beskikbaar om vinnig te reageer. “Hoe meer oë daar is, hoe gouer kan ’n mens foute raaksien en daarop reageer.”

Diversifik­asie bly die Bruwers se uitgangspu­nt om risiko te bestuur. Hulle hou ook vlaktewild aan, bied jagtogte en verblyf aan en die beeskudde benut die oorlêlande totdat die grondvoorb­ereiding vir die vroeë planttyd in Oktober begin. Die topaanteel­verse word behou, terwyl die res in die voerkraal afgerond word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa