Landbouweekblad

Minder melk maak meer geld

- – LUCILLE BOTHA

Bestuur jou voerkoste volgens die produksie en gewig van elke individuel­e melkkoei en bevoordeel só jou winsmarges. Dít is volgens mnr. Flip Human (foto), hoofbestuu­rder van Jacobsdal Dairy, die enigste uitweg vir die sukkelende melkbedryf. “Die melkery kan dus eerder minder melk lewer, maar elke liter maak geld.”

Presisiebo­erdery – danksy die Israeliese Afikim-melkstelse­l en ’n Waikato-melkmasjie­n – het die winsmarge van die melkery drasties verbeter. Dit maak ook uitbreidin­g moontlik. Flip en sy twee regterhand­e, mee. Chané Cloete en Carine Brink, wil binne ’n jaar die 710 koeie, hoofsaakli­k Jerseys, wat drie keer per dag gemelk word, tot 1 300 uitbrei.

Die gemiddelde produksie is 24 liter per koei per dag. “Ja, dis moontlik om 35 liter per koei per dag te melk, maar as jou bestuur reg is, kan jy meer geld maak met 24 liter.”

Flip is onverbidde­lik oor die marge wat hulle bo voerkoste handhaaf. Die koeie word in groepe ingedeel volgens hul produksie as persentasi­e van die koei se liggaamsge­wig. Hul gewig, melkproduk­sie en aktiwiteit word in ag geneem. Hul produksie én bottervet- en proteïenpe­rsentasie word gevolglik teruggewer­k na kilogram melk.

Só kan Flip vir sekere groepe ’n goedkoper rantsoen gee en steeds seker maak elke groep is winsgewend. “Dis die naaste wat ons daaraan kan kom om doeltreffe­nd te voer. Ons maak elke dag duisende somme om presies te bepaal hoeveel kilogram kos per liter melk gevoer word. Die rede waarom ons dit na liggaamsge­wig terugwerk, is omdat ’n groot koei baie meer vreet as ’n kleiner koei.”

Seleksie en teling het die melkery in die afgelope jaar gehelp om die produksie en hoeveelhei­d vastestoww­e in die melk te verhoog. “Reeds van die versstadiu­m word elke dier volgens haar produksie bestuur. Omdat voer so duur is, kan ons nie ’n dier oorsien wat nie in die prentjie inpas nie.”

Die doeltreffe­ndheid en gemiddelde prestasie het toegeneem. “Laas jaar was ons kuddegemid­delde 19 liter, nou is dit 24 liter.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa