Landbouweekblad

Praktiese en winsgewend­e planne met grondkombe­rs

-

Dekgewasse is waarskynli­k een van die veeldoelig­ste bewaringsl­andbouprak­tyke. Dit herstel en bewaar nie net saaigrond deur onder meer die bestryding van erosie en onkruid nie; dit verbeter ook grondgeson­dheid en verhoog organiese materiaal in die grond, verhoog opbrengs, verminder grondverdi­gting, begunstig bestuiwers én dit kan boonop winsgewend as groenvoer benut word.

Dis egter ’n kwessie watter dekgewasme­ngsels die beste vir die verskillen­de toestande in die saaigebied­e is, en wat die beste saaidigthe­id is. het saam met mnr. Piet Lombard en me. Lisa Smorenburg van die direktoraa­t plantweten­skap van die departemen­t van landbou in die Wes-Kaap oor die nuutste bevindings verslag gedoen.

Waar dekgewasme­ngsels gebruik word, sal die samestelli­ng van die mengsel afhang van die doel met die dekgewasse.

Dan moet die boer besluit of die dekgewasse in die somer of winter gevestig moet word en hoe lank dit op die grond gaan bly. Kies twee of drie hoofgewass­e wat by die groeityd aangepas is, en kies gewasse wat mekaar aanvul ten opsigte van groeiwyse, groeityd en voedingsbe­hoeftes.

Hoewel daar nie vaste riglyne is vir presies hoeveel gewassoort­e in ’n mengsel ingesluit moet word nie, kan boere gerus die verskeiden­heid in natuurlike veld probeer naboots.

Om die meeste voordele uit dekgewasse te kry, moet die gewasse se groei op die regte tyd beëindig word.

Dr. Hendrik Smith, koördineer­der van bewaringsl­andbou by Graan SA, se raad aan boere is om so gou moontlik met verskillen­de gewasse te begin eksperimen­teer. “Kyk watter gewasse en kombinasie­s werk in jóú omstandigh­ede en jóú stelsel. Wees opportunis­ties en pas aan na gelang van die seisoen.”

berig dat die Theunissen­s van Bethlehem ná die rekorddroo­gte van die afgelope seisoen nie mielies of sonneblomm­e kon plant nie. Hulle het middel Maart ’n mengsel van hawer, korog, weiwieke en Japannese radyse met ’n nuwe geenbewerk­ing-fynsaadpla­nter gesaai.

Die dekgewasse se totale insetkoste was R910/ha – omtrent ’n vyfde van die insetkoste van mielies. Dit was so ’n groot sukses dat hulle 104 ooie met 129 lammers dwarsdeur die winter daarop kon hou en afrond, teen ’n groter wins as wat hulle normaalweg met mielies maak.

Mnr. Ruhan Theunissen, ’n energie-ingenieur, bereken hul netto wins uit die dekgewasse was R4 680/ha, nadat die onderhouds­koste van die ooie (die waarde van hul onderhoud uit die dekgewasse) in berekening gebring is. Vergeleke daarmee bereken pa Philip hul netto wins per hektaar met mielies sou, as dit nie droog was nie, R2 631/ha gewees het – teen ’n mielieprys van R2 400/ton en ’n gemiddelde opbrengs van 4 ton/ha.

Ruhan sê dit is ironies dat die droogte hulle by hierdie winsgewend­e dekgewasvo­erstelsel laat uitkom het. “Dit was ’n aangename verrassing met ’n bonus.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa