Landbouweekblad

Kleinjan maak boerderyge­skiedenis

- – CHARL VAN ROOYEN

Mnr. Kleinjan Gasekoma (68, foto onder) van die plase Bruintjies­fonein en Klein Quaggablat­t naby Reivilo in die Noord-Kaap is die eerste swart boer in Suid-Afrika wat as Voermol se Beesboer van die Jaar aangewys is. Hy het binne 13 jaar die pad van kommunale boer tot kommersiël­e boer gestap.

“Ek het dit nie verwag nie, maar is baie bly dat hulle raaksien dat ons opkomende boere ook waarde vir die land het. Ons werk baie hard om kommersiël­e boere te word,” sê Kleinjan, wat by die spoorweg se pakkette-afdeling in Pretoria gewerk het, maar van 2001 af begin plaas soek het. Twee jaar later het hy saam met 25 ander mense op die plaas Nouvlakte by Amalia begin boer ingevolge die Regering se destydse program vir die herverdeli­ng van grond vir landbou-ontwikkeli­ng (LRAD). Hy wou egter alleen boer en het in 2007 by die staat aansoek gedoen om Bruintjies­fontein en Klein Quaggablat­t (1 233 ha altesaam) te huur.

In 2006 het die Braunvieh-genootskap ’n stoetbul en -vers op die Vryburg-skou aan hom geskenk, wat Kleinjan aangespoor het om ook ’n Braunvieh-stoetteler te word. Hy het vir die herkapital­iseringspr­ogram in aanmerking gekom en daarop aangedring dat mnr. Cois Harman van Marico-Bosveld, mede-eienaar van Agristart, as sy mentor aangestel word. Met verdere staatshulp het hy geregistre­erde Braunvieh-beeste met Cois se hulp by verskeie ander telers gekoop.

Kleinjan se Braunvieh-stoetkudde bestaan uit sowat 100 beeste en die kommersiël­e kudde uit ’n verdere 100 diere. Hy brei die kuddes uit deur die beste versies te behou. Hy gebruik vier stoetbulle.

Sy inkomste kom hoofsaakli­k uit die verkoop van speenkalwe­rs.

Onder Cois se leiding het hulle heinings, gange, ’n dam, opvangkral­e, veesuiping­s, lekbakke en hanterings­geriewe vir 350 beeste op die plase bou. Hy boer ook met Boerbokke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa