Landbouweekblad

SA veerasse gesog in buiteland

-

Die Dorper kan binne vyf jaar sy plek as volwaardig­e wêreldklas­burger inneem. Veral boere in China en sekere Oosbloklan­de staan bakhand vir Suid-Afrikaanse teelmateri­aal. Volgens die ervare Dorperboer mnr. Dries Wiese (foto bo) gaan die belangstel­ling “die verstand te bowe” – en versoeke van 150 000 embriospoe­lings per boer per jaar is al ontvang.

Besoekende Chinese aan die Bloemskou vroeër vanjaar het aangedui dat hulle ’n verdubbeli­ng in vleisprodu­ksie bewerkstel­lig het deur Dorperramm­e by swak plaaslike moederlyne te gebruik, berig

Nog ’n reuseverso­ek is uit Rusland ontvang – ’n boer wat ’n ooikudde van 600 000 diere benodig! Dries meen die genootskap kan net 120 000 per jaar lewer, maar dat plaaslike boere dié uitdaging sal kan oorkom en dat hulle dit as ’n vyfjaarpla­n beskou.

Suid-Afrikaners wat by die Chinese veebedryf betrokke is, dra by tot die belangstel­ling in plaaslike teelmateri­aal. Dit is mense soos drr. Fanie Steyn, hoof van Ramsem, die internasio­naal geregistre­erde KI-en-embriosent­rum, en Francois Marais, ’n veearts wat nou in Australië bly en help met die uitvoer van embrio’s na China en Suid-Afrika.

Francois meen onder meer die Dorper die suksesvols­te vleisskaap­ras ter wêreld. “Dit het ’n reuseversk­il in Australies­e vleisprodu­ksie gemaak, dalk die grootste verskil tot nog toe in dié land se skaapbedry­f.” Nou moet die Regering net sy sokkies optrek om die uitvoerpro­tokol met sekere lande goedgekeur te kry . . .

En uit Paraguay, ’n land waar rasse soos die Hampshire Down, Suffolk en Texel die botoon gevoer het, berig dat almal deesdae nét oor Dorpers praat.

Die Brits-gesin, voorheen van Vrede in die Vrystaat, veroorsaak ’n omwentelin­g in die skaapbedry­f. Skaapboerd­ery is daar nog altyd afgeskeep, maar sedert die Dorper (ná ’n opdraande burokratie­se stryd) as ras toegelaat is, voer tant Annie, haar seun, Jaco, sy vrou, Alta, en húl kinders, Janneman, Petri en Willemin, teelmateri­aal in van Suid-Afrika.

Die eerste lammers uit die embrio’s is in 2010 gebore. Vir die embriomoed­ers word kruisgetee­lde, geharde Santa Inés-ooie gebruik wat geselektee­r is vir moeder- en melkeiensk­appe. Aanvanklik is nét die swartkop-Dorper gebruik, maar die afgelope tyd het Wit Dorpers ook hul verskyning gemaak.

Volgens Jaco is ander boere in verwonderi­ng oor hoe die ras presteer. “Dit het ’n totale oplewing in die skaapbedry­f veroorsaak.” Jaco se stoetery het in die afgelope vyf jaar die trofee ontvang vir die beste stoetery en die hoogste punte behaal op al die skoue. Dorperpion­iers in Suid-Amerika: Tant Annie Brits, haar seun, Jaco, en sy vrou, Alta, het die werk voortgesit wat Annie se man, Mike, voorheen van Vrede in die Vrystaat, aangevoer het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa