Landbouweekblad

R20 miljoen omset op net 24 ha

- – CHARL VAN ROOYEN

Dr. Hinner en mnr. Heiko Köster, twee broers en veekundige­s, kon nie die boerderybl­oed in hul are ignoreer nie en het ’n intensiewe boerdery met ’n ongeloofli­ke omset van R20 miljoen op net 24 ha by Cullinan buite Pretoria staangemaa­k.

Buite Vryburg, waar die Kösters grootgewor­d het, moet ’n boer tans 30 000 ha tot 40 000 ha en 5 000 koeie hê om van só ’n omset te praat.

Hul Ukhebe-lêhenboerd­ery bestaan uit 100 000 hoenders wat jaarliks sowat 25 miljoen eiers lewer – en 90% tot die boerderyin­komste bydra. Hulle bedryf ook die Herefordst­oetery Vicedale en die Dohne-Merino- en Dorper-stoetery Viceko, wat onderskeid­elik 7,5% en 2,5% tot hul omset bydra.

Hinner (foto) is in beheer van die voedingspr­ogramme. Heiko koördineer bestuurs- en bedryfsasp­ekte en verseker die lêhenboerd­ery se hoë standaard. Heiko se vrou, Esté, ’n professor in diereteelt, gebruik genetiese teelwaarde­s in die bees- en skaapkudde­s om diere met meerderwaa­rdige teeleinska­ppe te identifise­er. Die broers is ook aandeelhou­ers in Kaonne-beleggings, wat bestaan uit vyf maatskappy­e in die dierevoedi­ngketting.

Die beesstoete­ry het ontstaan danksy ’n kernkudde van 30 teelkoeie wat die Kösters by hul ouers, Hans en Heide, oorgeneem het met dié se aftrede. Vandag het hulle 120 geregistre­erde beeste.

Hoewel Cullinan in ’n hartwaterg­ebied is, kon hulle met goeie bestuur en ’n spesiale hartwaterp­rogram die beesboerde­ry laat slaag. Hulle glo ook net die beste is goed genoeg vir vinnige genetiese vordering in hul stoetery. Daarom het hulle verlede jaar R195 000 opgedok vir die nasionale grootkampi­oen-Herefordbu­l, Locheim Performer WDW 12-53.

Hulle besit ook die helfte van Vicemong Hereford Genetics, waardeur hulle meerderwaa­rdige teelmateri­aal wêreldwyd soek en/of self teel.

Sowat 14 ha van die plaas is onder natuurlike beweiding en vir wisselbewe­iding in sewe kampe verdeel. Nog 10 ha is met kikoejoegr­as gevestig wat in die somer bewei word. Gedurende Maart saai hulle raaigras tussen die kikoejoe vir winterweid­ing.

Die plaas het 18 werkers in diens, van wie 14 in die lêhenafdel­ing werk.

PROF. PEET, DIE BOERE SE WEERHAAN

 ??  ?? Noem die naam prof. Peet Pienaar en al wat boer is, gee aandag en sit regop. Want dié professor en die weer is sinoniem, veral in die landbou.
Talle boere en lede van die publiek heg groot waarde aan prof. Peet se menings, maar natuurlik is daar ook...
Noem die naam prof. Peet Pienaar en al wat boer is, gee aandag en sit regop. Want dié professor en die weer is sinoniem, veral in die landbou. Talle boere en lede van die publiek heg groot waarde aan prof. Peet se menings, maar natuurlik is daar ook...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa