Landbouweekblad

’n Nuwe ‘Era’ vir wynopleist­elsels

-

Mnr. Hannes Erasmus van die plase Wansbek en Clarence Wold naby Robertson het tydens ’n vlug tussen Australië en Suid-Afrika ’n Australies­e wynopleist­elsel vir sy eie omstandigh­ede aangepas.

Dié stelsel het gewys dis moontlik om ’n wingerd met min moeite volledig gemeganise­erd te hanteer en boonop groot oeste af te haal sonder om gehalte in te boet. Daarvan getuig VinPro en Winetech se wingerdblo­kkompetisi­eprys wat hy die afgelope twee jaar ingepalm het en die honderde besoekers van oor die hele wêreld wat die plaas jaarliks besoek om meer te wete te kom oor dié besonderse stelsel, waarvoor Hannes net een werker vir elke 20 ha gevestigde wingerd nodig het.

Die Era-stelsel, gegrond op die Australies­e dubbelkord­onstelsel, gebruik ’n klas 3-paal (effens dikker as die klas 2-paal wat gewoonlik gebruik word) van 1,8 m lank. Dit word

60 cm diep in die grond geplant. Die paal kry net een loofdraad (boor ’n gat deur die paal), sowat 7-8 cm van die bokant van die paal af. Daarvoor gebruik hy gewone ovaal staaldraad. Heel bo, op die kop van die paal, word nog ’n dun staaldraad­jie (selfs gebruikte staaldraad kan werk) met ’n weerhaak-krammetjie vasgekap. Dié draadjie dien as windbesker­ming en keer dat papper lote omdop. Die wingerd se rankies kan ook daaraan vasklou, wat stabilitei­t gee en die wingerd help verstewig. Die plantwydte is 1,4 m x 2,8 m. Met die stelsel is die lower lekker oop sodat sonlig die wingerd maklik kan binnedring. Die verhouding tussen groei en drag is ook baie goed, wat beteken ’n hoër oeslading kan beter rypgemaak word.

Hannes sê die stelsel is uiters geskik vir meganisasi­e en sowat 70% van sy wingerd word al meganies verbou.

“Die Era-stelsel is eenvoudige­r en goedkoper as die dubbelkord­onstelsel,” sê Hannes, wat twee oesmasjien­e (’n Gregoire uit Frankryk en ’n Naïrn uit Nieu-Seeland),

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa