Landbouweekblad

‘Ek lewer kos — dis mos my verantwoor­delikheid’

- – LUCILLE BOTHA

Mnr. Etienne van Wyk (30) het in Januarie die sleutels oorgeneem vir Spes Bona, ’n plaas van net meer as 3 800 ha in die distrik Marydale waar hy beoog om met 580 Dorper-Van Rooy-kruisooie te boer. Hy is vasbeslote om baanbreker­swerk te doen ingevolge ’n Noord-Kaapse regeringsp­rogram wat swart mense met landbou-opleiding toegang tot grond gee.

Die Regering verhuur die plaas vir vyf jaar aan hom waarna hy ’n langtermyn­kontrak, met die opsie om te koop, kan kry.

Sy eerste boerderyle­sse was in die bakkie saam met mnr. Dries Wiese van die plaas Kasteel naby Loxton. Sy ouers het op Dries se plaas gewerk. Daarna het ’n matriekser­tifikaat van die Hoër Landbousko­ol Oakdale, ’n hoër sertifikaa­t van die Landboukol­lege Grootfonte­in en agt jaar ondervindi­ng as plaasbestu­urder gevolg.

“Toe ek later meer wysheid begin kry, het ek besluit, maar, hel, dis eintlik wat ek wil doen. Ek wil ’n landbouer wees,” vertel hy.

Sy Oakdale-onderwyser mnr. Fanie Smit se woorde het ook in sy kop bly maal: “Jy’s ’n landbouer, jy’t ’n kop vir besigheid. Jy moet in dié rigting gaan.”

“Toe ek klaarmaak met skool, het ek besluit ek wil een van die produsente wees wat gaan seker maak dat daar kos op die winkelrakk­e is. Dit is nou nog my visie en ek het ’n verantwoor­delikheid.”

Etienne het die beurse ingekatrol en Dries het ook weer hand bygesit tot Etienne sy tweede studiejaar voltooi het.

“Ek het nogal goed gedoen op kollege. Daar was ’n klomp prestasies waaroor ek goed gevoel het, soos die senior Dorperkurs­us, die junior Boerbokkur­sus en die Drakensber­gerkursus. Ek het ook my Springbokk­op as wolklasser verwerf.”

Ná Grootfonte­in het Etienne op Kasteel ingeval as voorman, maar binne 11 maande het Dries hom as plaasbestu­urder op Bulberg, in die distrik Vosburg, aangestel. Op dié plaas was Etienne sowat sewe jaar lank ten volle in beheer van bykans 17 100 ha waar hy met Merino’s, Boerbokke en beeste geboer het.

En toe kom die kans om op Spes Bona te gaan boer.

“Dis die eerste keer dat hulle ’n student aanbeveel en vir hom grond gee waarop hy moet boer. Ek is dus eintlik daar om vir die ander manne ’n pad oop te maak. As ek in die volgende vyf jaar goed doen, dan het ek sommer ’n deur oopgemaak vir die ander sodat hulle nog so ’n projek doen.”

 ??  ?? Mnr. Etienne van Wyk hou van spoed, en het dit aan die hand van sy mentor, mnr. Dries Wiese, geleer. “Mnr. Wiese is stiptelik. Ek het daarmee grootgewor­d en nou is ek presies dieselfde.”
Mnr. Etienne van Wyk hou van spoed, en het dit aan die hand van sy mentor, mnr. Dries Wiese, geleer. “Mnr. Wiese is stiptelik. Ek het daarmee grootgewor­d en nou is ek presies dieselfde.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa