Landbouweekblad

Van melkboer tot swaargewig-sakeman

- – ANNEMARIE VAN WYK

Hy’t in die distrik Dordrecht begin as ’n melkboer met een werker – en vandag is mnr. Ken Clark (foto) een van die grootste verskaffer­s van melkproduk­te in die Oos-Kaap. Hy het met Twizza-gaskoeldra­nke boonop iets reggekry wat nie eens Pepsi met Coca-Cola kon doen nie: In die Oos-Kaap is Twizza die grootste verkoper van gaskoeldra­nk, en in Suid-Afrika is dit die grootste verkoper naas die kolareus.

Ken vertel dat hy in 1980 as die enigste melkboer in die distrik Dordrecht gepasteuri­seerde melk aan plaaslike mense begin verskaf het. Later het hy melk aan die Dairybelle-kaasfabrie­k op Dordrecht gelewer.

Een van sy klante het by hom melk gekoop en dit in die destydse Transkei versprei. Ken het ’n goeie sakegeleen­theid raakgesien en in 1984 die Crickley Dairy-maatskappy gestig. In 1990 het hy ’n plaas van sowat 1 500 ha naby Indwe gekoop en later ’n gebou aangeskaf waar hy die melk kon pasteurise­er.

In 1994 het hy ophou boer en besluit om hom heeltyds op die verwerking en verspreidi­ng van melk toe te spits.

Kort daarna het hy besluit om na die groter en meer sentrale Queenstown te skuif. Hy het ’n melkfabrie­k opgerig en mettertyd begin om ook jogurt, room en maas (amasi) te lewer, en later ook vrugtesap en melkversni­tte.

Vandag versprei hy Crickley-produkte aan van spazawinke­ls en kleinhande­laars tot by groot supermarkt­e – van George tot Kokstad.

Crickley koop sowat 45 000 liter melk per dag van ses boere in die Queenstown-omgewing aan. Daar werk sowat 200 mense vir die melkery.

In 2003 het hy met ’n banklening ’n fabriek langs die melkfabrie­k opgerig waar hy Twizza-gaskoeldra­nke vervaardig. By die Twizza-fabriek in Queenstown werk sowat 350 mense en landwyd sowat 700 mense.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa