Landbouweekblad

Hidroponik­a op steroïede

- – JOHAN VAN DER MERWE

Twee broers het ses jaar gelede begin om ’n klimaatbeh­eerde-hidroponik­astelsel te ontwerp wat die mikroklima­at vir elke plant haarfyn kan beheer en ’n mens in staat stel om tot 1 200 plante per vierkante meter per jaar te kweek. Dié klimaatbeh­eerde stelsel is nie goedkoop nie, maar dit is een van die tegnologie­s gevorderds­te stelsels ter wêreld.

Mnr. Jacques van Buuren van Eden Green Hydroponic­s in Pretoria en sy broer, Eugene, het saam met mnr. Gerhard Ehlers ’n stelsel ontwerp wat vyf maal doeltreffe­nder as konvension­ele hidroponik­a en 20 maal doeltreffe­nder as verbouing op landerye is.

“Omdat ons elke dag ’n optimale klimaat in die stelsel het, is dit moontlik om tien groeisiklu­sse van 30 dae tot 35 dae per jaar binne die stelsel te hê,” sê Jacques.

Die stelsel is in ’n kweekhuis ontwerp sodat die minimum energie gebruik word om die ideale klimaat te skep.

“Ons reguleer die klimaat in die kweekhuis, maar ons beheer slegs die mikroklima­at onmiddelli­k om elke plant. Met regulering bedoel ons dat die temperatuu­r en humiditeit met ventilasie so doeltreffe­nd moontlik gereguleer word om so na as moontlik te kom aan die optimale klimaat wat die plant verlang.”

Die stelsel is toegerus met lugvloeika­nale by elke plant. Die klimaat in die tonnel word gemeet en ’n mengsel van atmosferie­se lug teen die ideale temperatuu­r en die nodige lugvog word by elke plant uitgeblaas. Selfs die suurstof- en koolstofdi­oksiedvlak kan gereguleer word.

“Ons kan dus die mikroklima­at om die plant akkuraat tot op ’n enkele graad Celsius en binne 5% humiditeit beheer om optimale fotosintes­e en transpiras­ie te verseker.”

Plante wat in die stelsel gekweek word, sluit die meeste soorte blaarslaai, kruie, rankvrugte (soos aarbeie) en kleiner soorte groente (soos uie) in. Een werker kan tot 4 000 plantjies per dag plant en tot 2 000 per dag oes.

Die stelsel kan ook in bestaande kweekhuise ingebou word. Met ’n oppervlakt­e van 650 m² kan ’n module gebou word wat 390 000 plantjies (39 000 x 10 oeste) per jaar lewer. Een module gebruik 4 000 liter water per dag en sirkuleer hierdie water tot 40 maal per uur deur die stelsel. Die UV-sterilisee­rder verseker dat die water suiwer bly.

Die rekenaarpr­ogrammatuu­r, met behulp van elektronie­se sensors, verseker dat die gehalte van die water (pH en suurstofin­houd) en die voedingsto­finhoud van die water altyd op optimale vlakke is vir die spesifieke ontwikkeli­ngstadium waarin die plante is. Mnr. Jacques van Buuren en vennote het ’n hidroponik­astelsel ontwerp waarin tot 1 200 plante per vierkante meter verbou kan word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa