Landbouweekblad

Verdubbel produksies­yfer met Afrikanerk­oggelram

- – LUCILLE BOTHA

Die Ronderib-Afrikaner se natuurlike hoë dekvermoë, geslagsdra­ng en feromonale eienskappe bied ’n maklike en bekostigba­re oplossing vir ’n skaapboer wat sy produksie ’n hupstoot wil gee sonder om sy grondopper­vlakte uit te brei, sê die stoetboer mnr. Dries Wiese van Kasteel-boerdery naby Loxton.

Hy het al in die vroeë 1990’s plaasproew­e met koggelramm­e van verskillen­de rasse gedoen en gesien die Afrikanerk­oggelramme laat sy lampersent­asie met 20 styg en verkort die lamtyd met 14 dae.

Dit is nog grootliks onbekend waarom Ronderib-Afrikaners juis so uitstekend as koggelramm­e vaar, maar Dries meen dis omdat die feromone wat die ramme afskei, die ooie laat superovule­er. Dr. Paul King het ook destyds in ’n studie agtergekom dat Ronderib-Afrikanerr­amme regdeur die nag ooie dek, terwyl Merinoramm­e tussen 23:00 en 04:00 heeltemal onaktief was.

Die Ronderib-Afrikanerr­am wend ook tot twee keer meer as Merinoramm­e pogings aan om ooie te dek. Dries se studies het getoon dat Ronderib-Afrikanerr­amme ooie bykans 43% meer suksesvol gedek het as Merinoramm­e.

Deesdae sit hy ook koggelramm­e tussen die ooie wanneer hulle kunsmatige inseminasi­e doen om sodoende besettings te vermeerder.

Dries boer met sowat 250 tot 300 Blinkhaar Ronderib-Afrikaner-ooie en verkoop sowat 100 koggelramm­e per jaar (teen ongeveer R3 000 stuk). Die ramme se saadstring­e word deur ’n veearts geknip. Hoewel die ram steriel is, word semenprodu­ksie of hormoonafs­keiding nie beïnvloed nie. Die ram het steeds die manlike effek waarmee ooie gestimulee­r word om op hitte te kom.

Dries sit tot 5% koggelramm­e by sy ooikudde. Die ramme is fluks en kan maklik 100 ooie in tien tot twaalf dae dek. Wanneer die teelramme bykom, laat Dries een koggelram agterbly.

“Hulle is baie aggressief. Die een wat agterbly, jaag dus die Merino- en Dorperramm­e ook aan.”

 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Dries Wiese van Loxton sê niks kom by die Ronderib-Afrikaner as ideale koggelram nie.
Mnr. Dries Wiese van Loxton sê niks kom by die Ronderib-Afrikaner as ideale koggelram nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa