Landbouweekblad

Reusetree vorentoe met 84 punt-melktafel

- – JOHAN COETSEE

In wat beskou word as die grootste deurbraak in melktafelt­egnologie in die afgelope twee dekades is die 84 punt- Centrus-melktafel vroeër vanjaar by die melkboerde­ry Eensgezind by Klipheuwel naby Durbanvill­e geïnstalle­er – die eerste in die Suidelike Halfrond en slegs die tweede ter wêreld.

Dit draai byna geruisloos, koeie word aan minder stres onderwerp en die struktuur is 80% ligter en tot vyf keer sterker as ’n konvension­ele melktafel.

Mnr. Kobus Louw, ’n tweedegene­rasiemelkb­oer, sê die gehalte en tegnologie van die Nieu-Seelandse maatskappy Waikato is van só ’n aard dat dit waarskynli­k dubbel die gebruiksty­d sal hê as ’n konvension­ele melktafel. Hy boer met sowat 900 Holsteins, wat elk drie keer per dag gemelk word.

Die algehele koste beloop sowat R16 miljoen – R8 miljoen vir die struktuur en net soveel vir die bou en installeri­ng daarvan. Hoewel dit sowat R1 miljoen meer kos as sy konvension­ele eweknie, het die duursaamhe­id van die Kevlar-draaitafel en tydbespari­ng die deurslag vir die besluit gegee.

“Dit het gemiddeld ses uur geduur om al die koeie te melk en ons melk drie keer per dag. Ons het feitlik heeltyds gemelk en kon nie so aangaan nie. Volgens vandag se skaalekono­mie het ’n boer twee keuses: Jy is groot óf jy is uit,” sê Kobus.

Die 84 koeie word binne 20 minute gemelk. “Hulle kan dan teruggaan na die koeihuis om te rus en te vreet, wat minder stres op die diere plaas. Al 900 koeie word dus binne sowat drie uur gemelk. Dit plaas ook Mnre. Kobus Louw (regs) en sy seun, Daniël, meen dis deurslagge­wend dat 84 koeie binne 20 minute met die stelsel gemelk kan word. baie minder stres op die werkers as wat die melksessie­s van ses uur lank, drie keer per dag, voorheen veroorsaak het.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa