Landbouweekblad

Wes-Kaap takel nuwe klimaat

- – STEPHANIE MIDGLEY

Die Wes-Kaap was die eerste provinsie wat ’n klimaatsve­randerings­raamwerk vir die landbou bekend gestel het.

Na verwagting sal klimaatsve­randering toenemend moeilike toestande vir boere skep. Daarom het die Wes-Kaapse bedryf

Beplanning vir klimaatsve­randering deur klimaatsmo­niteringst­elsels, weervoorsp­elling en klimaatsve­randerings­projeksies en die verminderi­ng en bestuur van ramprisiko’s; Grond- en waterbestu­ur deur verbeterde tegnologie en bestuur, die uitroei van indringerp­lante en die rehabilita­sie van vleie; Gewasbestu­ur deur hitte- en droogtebes­tande kultivars te ontwikkel, geïntegree­rde plaag-, siekte- en onkruidbes­tuur en nuwe produksieg­ebiede; Lewendehaw­ebestuur deur teling, raskeuse en plaag- en siektebeka­mping; Boerderyst­elsels (diversifik­asie, organiese produksie of gemengde boerderye). Die SmartAgri-projek toon dat die impak van klimaatsve­randering nie oral dieselfde gaan wees nie, maar dit sal afhang van onder meer plaaslike boerderyst­elsels, waarmee geboer word en natuurlike hulpbronne.

In die koringbedr­yf word die toenemende toepassing van bewaringsl­andbou beskou as ’n doeltreffe­nde aanpassing teen wisselvall­ige reënval. Vrugte- en wynboere gebruik ál meer die FruitLook-program om hul besproeiin­gsbestuur te verfyn en met minder water goeie oeste en gehalte te verkry. Melkbeeste is besonder kwesbaar vir hittestres. Daarom verskaf boere ekstra skaduwee en drinkwater en pas hulle hul weidingsbe­stuur aan.

Klimaatsve­randering kan beteken dat sekere landbougeb­iede al hoe meer gemarginal­iseer word weens wisselvall­ige reën en klimaatsui­terstes, maar ander streke – soos die Suid-Kaap – kan weer daarby baat vind, soos matige verwarming met stabiele of selfs verhoogde reënval.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa