Landbouweekblad

SUPERDIPST­ELSEL VERSNEL PRODUKTIWI­TEIT

-

Ou materiaal op mnr. Koos Geldenhuys se plaas, Uitkyk, naby Riversdal is gebruik in ’n glydipstel­sel waarmee tot 1 000 skape per uur gedip word.

Die tradisione­le dipgat, waarmee 500 skape per dag hanteer kon word, het hom letterlik snags laat rondrol van bekommerni­s. Veral dragtige ooie en ramme het kopkrap geverg (“Merinoboer droom superdipst­elsel uit”, 17 Junie 2016). Só lyk Koos se kraal: Houkraal. Die kraal of krale waarin die skape staan voordat hulle gedip word, word met hekkies van ’n drukgang geskei. Drukgang en loopvlak. Die skape gaan die drukgang deur die hekkie binne en beweeg tot by ’n oploop-gedeelte, waar hulle teen ’n helling met houtreling­s aan weerskante oploop. Dit is so gebou dat die skape maklik kan vastrap en opstap. Bo, op ’n hoogte van 1,9 m, is ’n gelyke loopvlak van 1 m, ook met houtreling­s weerskante, waarop die skape tot voor ’n glyplaat van gegalvanis­eerde plaat loop. Glybaan en dipsloot. Op die loopvlak help ’n werker die diere wat aarsel om by die glyplaat van 2,1 m tot onder in ’n dipsloot af te gly. Dié is van beton gebou, met plek vir 5 000 liter dipmengsel. Die skape swem deur die kanaal, 8 m lank en 0,6 m breed, en klim aan die ander kant teen trappies uit. Die breedte is ontwerp met dragtige ooie en die breedte van ramme se horings in gedagte, maar nie te wyd dat skape kan omdraai en teen die stroom beweeg nie. Die afmeting van die kanaal is boonop ideaal vir die kostedoelt­reffende gebruik van die dipmengsel. Tydsbespar­ing. Sowat 2 500 skape word in ’n voormiddag gedip, teenoor die bykans twee tot drie dae wat die ou dipgatmeto­de in beslag geneem het. Materiaal gebruik. Ou materiaal op die plaas is gebruik, soos hout, gegalvanis­eerde sinkplaat, ’n paar spoor-dwarslêers en teerpale. Net sement en sand is aangekoop. Arbeidsdoe­ltreffend. Die gemak waarmee die skape deur die stelsel beweeg, maak dat net drie tot vier mense vir die dipproses nodig is. intellect.co.za 082 416 5062. kola@

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa