Landbouweekblad

MANALLEEN MET BEESKUDDE

-

Mnr. Henk Human, wat in die distrikte Lindley, Kroonstad en Bethlehem boer, se boereplan behels twee drukgange (“Beheer drukgang soos ’n jokkie”, 19 Augustus 2016).

Die eerste drukgang is verstelbaa­r sodat hy met beeste en kalwers van verskillen­de groottes daarin kan werk, en die tweede werk met ’n uitkeerste­lsel, wat hy uit een posisie kan beheer en beeste volgens grootte of geslag na twee verskillen­de krale afkeer.

Alles begin by ’n ronde kraal, vanwaar die beeste na die laaibank of drukgang gestuur kan word. Die ronde kraal het ’n swaaihek wat in die middel van die kraal geanker is. Dit werk byna soos ’n horlosie se verstelbar­e minuutwyse­r en kan in die rondte geswaai word. Die beeste word só uit die houkraal na die ronde kraal gejaag. Sodra dit vol is, maak Henk die houkraal toe.

Hiervandaa­n beweeg die beeste na die laaibank of drukgang deur ’n swaaihek te gebruik. Aan die kante van die ronde houkraal is ’n horisontal­e pen vasgesweis. Aan die swaaihek is ’n meganisme wat daaraan vashaak sodat dit net vorentoe gedruk kan word, tensy die boer dit ontkoppel.

Die beeste kan dit dus nie self terugdruk as hulle besluit hulle wil omswaai en uit die ronde kraal ontsnap nie. Namate die ronde kraal leër word terwyl Henk beeste na die drukgang stuur of op die vragmotor laai, maak hy die plek waarin die oorblywend­e beeste is ál kleiner sodat hulle nie onnodig rondhardlo­op en spring nie. Die beeste kan met die laaibank uit die ronde kraal op ’n vragmotor gelaai word, of deur ’n gang na ’n onderdak drukgang gestuur word.

In een drukgang kan hy inspuit, doseer of inent, en in ’n tweede drukgang word onthoornin­g, kunsmatige inseminasi­e en brandmerk gedoen. Die wydte hiervan word verstel met ’n staalmegan­isme met “tande” onderaan volgens die grootte van die beeste waarmee hy werk.

Dan gaan Henk na die slimste deel van sy hanterings­geriewe. Hy klim uit teen die kant van die drukgang waar hy die beeste inspuit en doseer, tot by ’n outydse plantersto­el reg bo die drukgang. Daar kan hy met ’n stelsel van toue en katrolle die drukgang oop en toemaak en die beeste een vir een links of regs stuur. HOE DIE HOUKRAAL WERK BO-OP JOU DRUKGANG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa