Landbouweekblad

WERF VOL WERKTUIE

-

Op die plase Koedoesdam en Groenvlakt­e by Stella in Noordwes boer mnr. Jan Geldenhuys met kommersiël­e vleisbeest­e. Hy bou feitlik al sy werktuie self. Van die arsenaal ontwerpe wat verskyn het (“Jan Knaphand bou plaas vol werktuie”, 11 Maart 2016), het die bossiekapp­er en kunsmistoe­diener die meeste aandag getrek. Bossiekapp­er. Jan oes jaarliks die oortollige bloubuffel­gras as veevoer. Met sy ou bossiekapp­er het dit stadig gegaan, maar hy het ’n nuwe kapper ontwerp wat breed sny en die werk vinniger afhandel.

Sy kapper bestaan uit ’n raamwerk met drie swaailemme van 1,8 m elk en sny 5,4 m wyd. Die lemme wat die gras platsny, word deur die trekker se kragaftakk­er aangedryf. Die hoofdryfas lei vanaf die kragaftakk­er na ’n verdeelkas op die middelste seksie, van waar twee dryfasse na die ander twee seksies lei om die lemme te laat draai.

Jan trek die bossiekapp­er met ’n trekker van 52 kW. Die bossiekapp­er het hom sowat R130 000 gekos. Kunsmistoe­diener. Jan het ook ’n veeldoelig­e werktuig gemaak wat gelyktydig die grond losmaak en kunsmis op aangeplant­e weiding toedien. Dit bestaan uit twee ou Massey Fergusonsl­eepskottel­sêe wat op ’n raamwerk van ’n ou vragmotoro­nderstel aangebring is.

’n Bakkieagte­ras met hidroulies­e silinders word gebruik om die planter van die grond af te lig wanneer die trekker in die wenakker omdraai.

Die kunsmis word by die voorste stel skottels toegedien en die agterste stel skottels krap dit toe. Jan het die êe lank gelede vir R600 elk gekoop; die kunsmisbak­ke het hy reeds gehad en die vragmotoro­nderstel is by ’n skrootwerf gekoop. Hy moes net ’n paar stukke staal koop. Dit het altesame R4 000 gekos. 082 489 0090.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa