Landbouweekblad

PYPLYN-KRUIPVOERD­ER OUTOMATIES VOLGEHOU

-

Mnr. Dirk du Plessis van die plaas Verdeeld by Koppies in die Vrystaat het ’n beproefde kruipvoerp­lan verfyn om sy lammers tydens die droogte ’n hupstoot te gee (“Skaapwerk vlot met voerder en wolpers”, 29 Julie 2016). Die PVC-voerpyplyn word outomaties volgehou danksy ’n awegaarlaa­ier, wat met ’n elektriese motor van 0,75 kW aangedryf word. Basiese voerpyplyn. Blou, 6 m lange PVCpype word as voerkrip gebruik. Gate met ’n deursnee van 150 mm elk is aan weerskante van die middellyn geboor sodat lammers van tot 40 kg kan vreet. Die lammers ontvang kruipvoer ad lib en kan uiteindeli­k tot 3% van hul liggaamsge­wig per dag vreet. Ooie kan nie hul kop by dié voergat insteek nie.

Altesame 50 lammers kan aan weerskante van die pyp vreet. Só word voerbak volgehou. Die kruipvoer word gehou in ’n ou brandstoft­enk, wat omgeskakel is in ’n grootmaatt­enk. Die meel in die tenk word aangevul met ’n tuisgemaak­te awegaarlaa­ier (foto regs).

Dit bestaan uit ’n strook hoogtevers­telbare besproeiin­gspyp waarin ’n awegaar die meel van die opvangbak van die awegaarlaa­ier tot in die tenk voer.

Die awegaar word aangedryf deur ’n motor wat met driefase-elektrisit­eit werk en ’n wenas help om die hoogte te verstel. Só word voerkrip volgehou. Die kruipvoerm­eel vloei deur ’n vleuelklep van die brandstoft­enk in ’n ou kunsmispla­nterbak. Hiervandaa­n word die meel gevoer langs ’n klein awegaar met ’n wit PVC-pyp met ’n deursnee van 50 mm. Uit die horisontal­e awegaar-pyp word korter afvoerpype in lengtes van onderskeid­elik 110 mm en 150 mm met T-stukke in die blou pyp ingelas deur gate wat op die middellyn ingesny is.

Die lengte van dié vertikale pype bepaal die hoeveelhei­d meel wat per vreetplek ingelaai word. Namate die meel met die awegaar langs beweeg, word die vertikale pype gevul sodra ’n hopie die pyp se opening verstop.

Hoe korter dié pypie is, hoe meer meel word daaronder opgehoop voordat die bek verstop en die meel verder gevoer word.

Op dié manier word elke vreetplek ná mekaar gevul. gmail.com; 056 777 2244; dplessisja­ne@ 082 400 8283.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa