Landbouweekblad

’n Feesmaal gegeur met kruie en fynbos

Die talentvoll­e sjef kook spesiaal vir ’n Kersete met Karoo-lam, aromatiese kruie en fynbosgeur­e.

-

Ons het Mynhardt Joubert leer ken as deel van die wenspan van die program Kokkedoor se eerste reeks op kykNET. Hy en sy spanmaat het week ná week kykers se verbeeldin­g aangegryp met hul kenmerkend­e kreatiewe skeppings. Wat min mense egter kon glo, is dat Mynhardt geen formele kookopleid­ing het nie.

Sy profession­ele loopbaan het 20 jaar gelede as danser by Truk begin. Ná jare op die verhoog het hy Kaap toe getrek en heel toevallig in die kos- en wynbedryf beland toe hy ’n werk by The Nose Bar in die V&A Waterfront gekry het.

“En toe raak ek hopeloos verlief. Daar is so baie ooreenkoms­te tussen die verhoog en die kosbedryf – die kreatiewe energie, dissipline en net een kans om dit wat jy doen, reg te doen!” waar hy saam met Anton en Cecile Espost die bekende Bar Bar Black Sheep begin het. Dis hier waar sy kosloopbaa­n in alle erns begin het. Hulle het kos voorberei met produkte wat plaaslik verbou is. Baie daarvan het hulle self gekweek.

“Gedurende die volgende vyf jaar op Riebeek-Kasteel het ek geleer dat goeie, geurige kos, gemaak met die beste produkte en eenvoudig voorberei, altyd die beste eindresult­aat lewer.”

“Ná vyf jaar op Riebeek-Kasteel, waar ek net liewer geword het vir die kos- en wynbedryf, het ek besluit om in te skryf vir kykNET se nuwe koswerklik­heidsreeks, Kokkedoor. Dit was die ondervindi­ng van ’n leeftyd.”

Mynhardt en sy spanmaat het met die wenprys weggestap en die geleenthei­d gekry om hul eerste kookboek te skryf en te stileer.

Maar daar het ook baie ander geleenthed­e uit dié sege gevloei en die een deur ná die ander het vir Mynhardt oopgegaan. ’n Tweede TV-reeks, Makietie, het gevolg, hy is aangestel as handelsmer­kambassade­ur vir KWV en ook vir Karusaf-lamsvleis. Hy bedryf ook ’n eksklusiew­e huisrestau­rant in die Paarl wat groepe vir funksies kan bespreek. kruie my laat besluit om daardie minder bekende kruiegeure en ’n titseltjie fynbos ook hier en daar in ons spyskaart te gebruik,” vertel Mynhardt.

In sy kombuis trou die smake van ou bekendes, soos Karoolam, tamaties en soet groente, moeiteloos met spekboom, suurlemoen­malva en boegoe. Dit sorg vir ’n fees van smake wat vir ons bekend is, maar met ’n tikkie vars andersheid wat jou lank ná die laaste happie nog bybly. Soos met alles wat Mynhardt voorsit.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa