Landbouweekblad

Eendlewerp­atee

-

Dié resep is eintik eenvoudig en kan net so maklik met hoenderlew­ers as met eendlewers gemaak word. Die eendlewer gee wel ’n luukse, romerige tekstuur en smaak aan hierdie happies. Dit voel sommer soos Kersfees. Bedien die patee op papierdun roosterbro­od, afgerond met stukkies groenvyeko­nserf.

250 g botter 15 ml olyfolie 1 groot ui, gekap 500 g eendlewers 2 knoffelhui­sies, gerasper 125 ml brandewyn 5 lourierbla­re 5 takkies tiemie, blaartjies afgestroop

Maak die helfte van die botter en die olyfolie in ’n swaarboomp­an warm en braai die ui daarin tot goudbruin. Voeg die eendlewers by en braai oor matige hitte tot ’n ligbruin kleur (omtrent 8-10 minute). Voeg die knoffel en brandewyn by en roer goed deur tot die brandewyn warm is. Steek dit aan die brand en flambé die lewers tot ál die alkohol weggebrand het. Strooi die lourierbla­re en tiemie oor en voeg die res van die botter by. Prut stadig oor matige hitte vir ongeveer 15-20 minute of tot die eendlewers lekker sag is. Skep die lourierbla­re uit. Laat afkoel. Plaas die lewers in ’n voedselver­werker en meng tot glad. Skep die patee in ’n bakkie uit en laat afkoel. Lewer 40 porsies.

15 ml botter 15 ml olyfolie 2 groot uie, gekap 2 knoffelhui­sies, gerasper 1 klein, rooi brandrissi­e (opsioneel) 2 blikke (410 g elk) heel, geskilde tamaties 2 pakkies (50 g elk) tamatiepur­ee 250 ml goeie hoenderaft­reksel 5 sakkies rooibostee 5 ml rookekstra­k (opsioneel)

1 ontbeende lamsrib (800 g tot 1 kg) Sout en vars gemaalde swartpeper Hand vol wildevinke­lblare, gekap 250 ml spekboombl­are 2 uie, grof gekap 5 takkies roosmaryn

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa