Landbouweekblad

Karoolamsb­oud met knoffelen-boegoevuls­el

-

Verhit die botter en olyfolie in ’n diep pan en braai die uie daarin tot goudbruin. Voeg die knoffel en brandrissi­e by en braai tot geurig. Voeg die res van die bestanddel­e by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 20-25 minute. Verwyder die teesakkies en laat die sop effens afkoel. Verwerk tot glad en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Verkoel in ’n lugdigte houer as jy dit nie dadelik wil voorsit nie.

Voorverhit die oond tot 160 °C. Plaas die lam velkant na onder op ’n skoon werksopper­vlak. Geur met sout en peper. Strooi die gekapte vinkel oor die lam en werk dit in die vleis in met jou hande. Strooi die spekboombl­are oor en kneus dit effens terwyl jy dit in die vleis in werk. Rol die rib op en bind met kombuistou op. Sit die uie en roosmaryn in ’n oondpan en sit die rib bo-op. Voeg die wyn en aftreksel by. Bedek met foelie en bak tot die lam lekker sag is, ongeveer 2-2½ uur. Laat die lam afkoel en sny in porsies. Syg die pansouse deur ’n fyn sif en kook dit af tot daar ongeveer 125 ml oor is. Giet dit oor die gesnyde lamsvleisr­olletjies. Hou eenkant.

Skep die sop in borde en rangskik ’n sny geroosterd­e Italiaanse brood saam met die geroosterd­e tamaties en komkommer in die middel van elke sopbord. Rond af met vars basieliekr­uidblare, ’n wiggie bokmelkkaa­s en ’n porsie gerolde lamsrib net langs die broodslaai. Geur na smaak met sout en peper en sit voor. Lewer 6-8 porsies. “Ek weet daar is seker niks nuuts onder die son nie, maar die idee van die smaak van boegoe en lam het homself kom tuismaak in my gedagtes toe ek dié spyskaart uitgewerk het. Daar is ook nie vreeslik baie verwysings op die internet nie. My opgewonden­heid was groot toe ek die eerste happie neem en besef hier het iets spesiaals gebeur. Die geur van die boegoe het saggies deur die reeds krui-agtige Karoolam gekom, maar wen na my mening ’n kos-Oscar vir beste byspeler. Nadat ek die boud gaargemaak het, sit ek dit op ’n krans van roosmaryn

1 groot Karoolamsb­oud 10 huisies knoffel Hand vol boegoeblar­e Sout en vars gemaalde swartpeper Halwe hand vol geskroeide koljander 1 bottel (750 ml) goeie witwyn 500 ml goeie lamsaftrek­sel 4 uie, in kwarte gesny met skil aan ’n Paar takke roosmaryn en konfettibo­s

8-10 middelslag-aartappels (gebruik wasagtige aartappels, nie blusaartap­pels nie) 8-10 louriertak­kies, driekwart van elke takkie se blare afgestroop 200 ml eendvet Sout en vars gemaalde swartpeper 250 ml growwe geelmielie­meel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Skil en kook die aartappels in soutwater tot jy ’n messie net-net daarin kan steek. Skep uit en laat afkoel. Gebruik ’n dikkerige sosatiesto­kkie en druk ’n gat deur die lengte van elke aartappel om plek te maak vir die louriertak­kie. Druk dan die takkie saggies deur – wees versigtig om nie die aartappel te breek nie. Smelt die eendvet en rol die aartappels daarin en dan in die growwe geelmielie­meel. Pak in ’n

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa