Landbouweekblad

As daar ooit ’n tyd vir lees is, is dit nou (behalwe, natuurlik, vir dié wat nou moet vrugte oes).

-

Jy het op ’n plaas in die Kammanassi­e grootgewor­d en daarná saam met jou man op “klein-klein” platteland­se dorpies gewoon. Hoe het dit jou gebrei vir jou tyd in Engeland by die adel? Op die platteland kan jy nie ’n dansrok kóóp nie; jy moet dit self maak. Daar is nie bloemiste waar jy blomme kan koop nie; jy plant en pluk dit self. Gevolglik is jy verplig om jou talente en vermoëns te ontwikkel. Terwyl ek by Granny in Engeland was (lees Sabbatsrei­s), het ek besef hoe onkreatief dit ’n mens maak as jy alles klaargemaa­k kan koop of bestel. Granny se dogter kon nie eens ’n witkoek bak nie, en haar mond het oopgeval toe ek rooskonfyt kook. Al hierdie klein vermoëns saamgetel, het gemaak dat ek voorgekom het asof ek alles van alles weet.

As jy die bloubloed-stoutgatte aan jou eie kinderlewe kon blootstel, wat dink jy sou die grootste invloed op hulle gehad het? As ek hulle in die Kammanassi­e kon grootmaak, sou hulle geweet het hoe om na hartelus te spéél. Om self pophuise en plase te bou. Om winkel-winkel en skool-skool te speel. Modderkoek­ies te bak. Om nie te verwag dat ’n kneg die hoendereie­rs uithaal of vir die hoenders lusern gaan sny nie. Die geborgenhe­id van ’n pa en ma wat wérklik omgee, en regverdig is, sou na alle gelang die grootste blywende faktor in hul vertoiingd­e lewentjies gewees het.

In die tyd van Facebook spog mense eerder met hul goeie oomblikke, maar jy skroom nie om oor slegter ervarings te skryf nie. Is dit nie moeilik nie? Die foute wat ek maak en gemaak het, is foute wat menige mens maak. Dis sleg vir my gemoed om op te bondel. En niemand het my nog ooit oor my foute die verdoemeni­s ingestuur nie. Behalwe die NG Kerk, by ’n paar geleenthed­e.

Jy het swáár gekry in Engeland, maar dit lyk nie of enigiets jou kan onderkry nie. Wat het die ervaring jou geleer? Dit het my selfgeloof eindeloos versterk. Soms weet ek nie of ek onnosel of moedswilli­g is nie. Maar ek dink nie ek sal behoorlik kan leef as ek nie my horisonne verbreed nie. Die belangriks­te ding wat ek in Engeland aan myself bevestig het, is dat ’n boerekind uit die Kammanassi­e, of van waar ook al, opvoedings­gewys nie vir die koninklike­s hoef terug te staan nie. Ons is waaragtig uit rots gekap.

Vertel meer oor die titel, Alle mense bou lugkastele. Sommige staan sterk en regop. Ander tuimel in ’n stofwolk aarde toe. En van iewers af moet ons voortduren­d die krag bymekaarsk­raap om die rommel op te ruim sodat ons ’n nuwe werf het om ’n nuwe kasteel op te bou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa