Landbouweekblad

STAAT WIL 500 SWART UITVOERBOE­RE VESTIG

- JOYLENE VAN WYK JASPER RAATS

MNR. Mike Mlengana, die direkteur-generaal van Landbou, Bosbou en Visserye, wil toesien dat 500 swart kommersiël­e boere wat gehaltepro­dukte vir die uitvoermar­k lewer, oor die volgende drie jaar gevestig word.

Mlengana en sy span het in ’n voorleggin­g aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye gesê agt plase van swart kleinboere is reeds volgens die vereistes van die Suid-Afrikaanse Goeie Landboupra­ktyke gesertifis­eer vir toegang tot uitvoermar­kte. Bande is ook reeds gesmee vir ’n langtermyn-uitvoerver­houding met die Midde-Ooste.

“Mense sê altyd hulle wil by die boere koop, maar dan moet hulle produkte van gehalte verbou.”

Een van die lande wat die departe-

ment in sy visier het, is Koeweit, waarvoor ’n markprofie­l vir landbou-uitvoer reeds in die tweede kwartaal van vanjaar saamgestel is. Koeweit het 10% van die wêreld se oliereserw­es, maar beperkte landboubed­rywe weens ’n tekort aan water en bewerkbare grond, wat hom afhanklik van die invoer van kosprodukt­e maak.

Mlengana sê hy benadruk gereeld by sy kollegas dat Suid-Afrika sy uitvoer na ander Afrikaland­e moet verhoog wanneer die plaaslike landbousek­tor ’n afname in groei ervaar. Hy meen ook dit maak sin vir Suid-Afrikaanse boere om in die winter produkte vir die Suid-Afrikaanse mark te produseer in Afrikaland­e wat op die ewenaar geleë is. Die departemen­t het 109 boere in Suid-Afrika geïdentifi­seer om deel te neem aan sy pluimveesk­ema om produktiwi­teit te verbeter. Mlengana glo skemas soos dié kan kleinboere voorberei om op kommersiël­e vlak te produseer. Hy glo markte, soos hotelle, waar eiers elke oggend vir ontbyt voorgesit word, kan volhoubare groei vir die bedryf verseker.

’n magdom kommersiël­e geleenthed­e ten opsigte van avokado’s en makadamias in die informele markte uitgelig.

Hy skat Suid-Afrika het nagenoeg 36 000 spaza-winkels is en ’n halfmiljoe­n smouse. Hy noem dit die “onsigbare markte” en beraam die handelswaa­rde daarvan op omtrent R10 miljard per jaar.

Hy het Parmalat gebruik as ’n voorbeeld van ’n maatskappy wat sy ondernemin­g met byna R1 miljard laat groei het deur dié markte te ontgin.

Subtrop hoop dat daardie veldtog die weg sal baan vir ’n toename in die verskaffin­g van avokado’s en makadamias aan nuwe plaaslike markte. —

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa